Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust

Directions Contact the organization

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Beskerm jouself.

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

05/10/2026

𝗗𝗶𝗲 𝘄𝗮𝗮𝗿𝗱𝗲 𝘃𝗮𝗻 '𝗻 𝗴𝗲𝘄𝗼𝗻𝗲 𝗱𝗮𝗴
deur René Roux
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Partykeer begin ’n kind se toekoms verander met iets wat vir ons so eenvoudig mag lyk: ’n veilige plek, ’n bord kos, iemand wat help met huiswerk en ’n hart wat raaksien. ❤️

Agter elkeen van die agt Ons Plekke van Solidariteit Helpende Hand is daar ’n gemeenskap wat kies om nie anderpad te kyk nie – maar saam ’n verskil te maak in die lewens van kinders en gesinne.

Ons is ongelooflik trots om saam met Solidariteit Helpende Hand deel te wees van hierdie mooi verhaal van hoop, omgee en liefde wat nie net met woorde bely word nie, maar met dade uitgeleef word.

Lees meer oor die kosbare werk van Ons Plek en hoe gewone middae ’n buitengewone verskil in ’n kind se lewe kan maak. Die artikel verskyn ook in die Oktober-uitgawe van JUIG!.

🔗 Lees die artikel hier: https://juignuus.co.za/die-waarde-van-n-gewone-dag/

Dankbaar vir die krag van 'n span. Op 28 September is Ons Plek besoek deur Maruné Burger, ons streek se maatskaplike wer...
30/09/2026

Dankbaar vir die krag van 'n span.

Op 28 September is Ons Plek besoek deur Maruné Burger, ons streek se maatskaplike werker.
Sy kom vertel vir ons maats van emosies en die aand bied sy 'n fantastiese ouerleiding sessie aan oor ouerskapstyle en temperamente.

Saterdag 26 September het van die personeel wat by die Ons Plekke werk die geleentheid gehad om opleiding in BabaGim te ...
27/09/2026

Saterdag 26 September het van die personeel wat by die Ons Plekke werk die geleentheid gehad om opleiding in BabaGim te voltooi.

Hierdie opleiding was baie waardevol en Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust is dankbaar dat ons babaklas juffrou Chrismari Bester dit kon bywoon.

Ons streef daarna om elke dag diens te lewer van die hoogste gehalte vir elke maatjies wat by die Ons Plek instap.


Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal

Tema van die week: Wolboerdery Hierdie week het die Ons Plek maats geleer van wolboerdery en hoe lekker om regte lammetj...
18/09/2026

Tema van die week: Wolboerdery

Hierdie week het die Ons Plek maats geleer van wolboerdery en hoe lekker om regte lammetjies by die skool te kan sien. Dit was heerlik en groot pret.

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal

Opedag 2026! Ons Plek gaan met Safari!!Vanoggend was daar 'n groot safari toer deur die skool. Ons het lekker gekuier va...
12/09/2026

Opedag 2026!

Ons Plek gaan met Safari!!

Vanoggend was daar 'n groot safari toer deur die skool. Ons het lekker gekuier van die leeu den tot in die kamp terrein.

Dit was groot pret!
Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal

21/07/2026

Ouderdomsgeskikte riglyne help kinders om gesond te ontwikkel.

Te veel skermtyd kan slaappatrone, konsentrasie en gedrag beïnvloed.

Gebruik riglyne as 'n beginpunt, maar neem jou kind se unieke behoeftes in ag.

Dankie Retha Steenkamp vir die waardevolle personeel opleiding wat jy vir ons kom aanbied het. Ons span is reg vir kwart...
20/07/2026

Dankie Retha Steenkamp vir die waardevolle personeel opleiding wat jy vir ons kom aanbied het.

Ons span is reg vir kwartaal 3!

Soms moet ons stop en net sommer die oomblik geniet. Ons Plek personeel het 'n heerlike Meksikaanse oggend geniet waar d...
16/07/2026

Soms moet ons stop en net sommer die oomblik geniet. Ons Plek personeel het 'n heerlike Meksikaanse oggend geniet waar daar gelag, gesels en beplan is vir kwartaal 3.

Ons Plek personeel is gereed vir al ons maats in Kwartaal 3 !

Address

Zondostraat
Volksrust
2470

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust:

Shortcuts

Share