Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Beskerm jouself.

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se ge

meenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

21/07/2026

Ouderdomsgeskikte riglyne help kinders om gesond te ontwikkel.

Te veel skermtyd kan slaappatrone, konsentrasie en gedrag beïnvloed.

Gebruik riglyne as 'n beginpunt, maar neem jou kind se unieke behoeftes in ag.

Dankie Retha Steenkamp vir die waardevolle personeel opleiding wat jy vir ons kom aanbied het. Ons span is reg vir kwart...
20/07/2026

Dankie Retha Steenkamp vir die waardevolle personeel opleiding wat jy vir ons kom aanbied het.

Ons span is reg vir kwartaal 3!

Soms moet ons stop en net sommer die oomblik geniet. Ons Plek personeel het 'n heerlike Meksikaanse oggend geniet waar d...
16/07/2026

Soms moet ons stop en net sommer die oomblik geniet. Ons Plek personeel het 'n heerlike Meksikaanse oggend geniet waar daar gelag, gesels en beplan is vir kwartaal 3.

Ons Plek personeel is gereed vir al ons maats in Kwartaal 3 !

My PappaMy pappa is my held so groot,Hy gee vir my 'n warm skoot.Hy hou my hand en wys die pad,By hom voel ek altyd bly ...
05/07/2026

My Pappa

My pappa is my held so groot,
Hy gee vir my 'n warm skoot.
Hy hou my hand en wys die pad,
By hom voel ek altyd bly en glad.

Hy speel en lag en gee my tyd,
Sy liefde maak my hartjie wyd.
Pappa, ek is lief vir jou,
Vir altyd sal ek jou vertrou.

Sip & Sing Mamma Mia Vroueaand!Ons Plek het vir die eerste keer in Volksrust 'n heerlike karaoke vroueaand aangebied. Di...
01/07/2026

Sip & Sing Mamma Mia Vroueaand!
Ons Plek het vir die eerste keer in Volksrust 'n heerlike karaoke vroueaand aangebied. Die dames het mooi aangetrek, heerlik saam gekuier en uit volle bors gesing.

Dankie vir elke dame wat die aand ondersteun het. Volgende jaar maak ons weer so.

'n Spesiale dankie aan Majuba Guest Lodge Volksrust vir die ongelooflike venue en flink diens!

30 Mei 2026!Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust het weer ons jaarlikse gholfdag gehou by Volksrust Golf club...
01/06/2026

30 Mei 2026!

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust het weer ons jaarlikse gholfdag gehou by Volksrust Golf club. Dit was 'n dag vol pret en lekker spel.

Baie dankie aan elke speler en borg wat deel gevorm het van die dag!
Ons waardeer dit opreg!

Volgende jaar maak ons weer so

Moenie uitmis nie!!! Kom sing saam, lag en maak herinneringe saam jou vriendinne!! Die kaartjies verkoop vinnig uit! Moe...
24/05/2026

Moenie uitmis nie!!!

Kom sing saam, lag en maak herinneringe saam jou vriendinne!! Die kaartjies verkoop vinnig uit!

Moenie Twee keer d**k nie!
Koop vandag nog jou kaartjie!

Wat 'n lekker week by Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust !Dankie tannie Suzette Oosthuizen en Joanice Schut...
21/05/2026

Wat 'n lekker week by Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust !
Dankie tannie Suzette Oosthuizen en Joanice Schutte vir die lekker kuier!

Ons het lekker ouerleidng gehad, kerk toe gegaan, gespeel en huiswerk gedoen!

Dis pret om 'n Ons Plek kind te wees !
Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal

💗Moedersdag 💗Gelukkige moedersdag aan elke Ons Plek mamma! Ons waardeer julle en is baie lief vir julle.
10/05/2026

💗Moedersdag 💗

Gelukkige moedersdag aan elke Ons Plek mamma!
Ons waardeer julle en is baie lief vir julle.

Address

Zondostraat
Volksrust
2470

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust:

Shortcuts

Share