Stilbaai Bejaardesorg - Huis Stilbaai

Call Directions Website

Stilbaai Bejaardesorg - Huis Stilbaai Badisa is 'n geregistreede nie-winsgewende organisasie (NPO 011-891).

Stilbaai Bejaardesorg is 'n nie-winsgewende program van Badisa en verskaf 'n residensiële diens aan bejaardes, voedseldienste aan die gemeenskap, asook 'n kliniekdiens.

Hier bring ons vandag spesiale stemme uit. Ons sê graag dankie vir die OVK. Die verkiesing bring groot opgewondenheid. ✔...
02/11/2026

Hier bring ons vandag spesiale stemme uit. Ons sê graag dankie vir die OVK. Die verkiesing bring groot opgewondenheid. ✔️✔️



Die afgelope naweek het ons vir Alida Probst gegroet na 3 jaar op haar pos by Ontvangs. Ons wens haar alles van die best...
02/11/2026

Die afgelope naweek het ons vir Alida Probst gegroet na 3 jaar op haar pos by Ontvangs. Ons wens haar alles van die beste toe vir die pad vorentoe. Ons gaan haar vriendelike geaardheid mis.

01/11/2026
Baie dankie aan Tinus van den Berg en sy span wat Huis Stilbaai vandag besoek het. Sterkte vir die verkiesing.
29/10/2026

Baie dankie aan Tinus van den Berg en sy span wat Huis Stilbaai vandag besoek het. Sterkte vir die verkiesing.


Wat maak ’n plek ’n tuiste? Miskien is dit nie die mure of die meubels nie.Miskien is dit die mense wat saam met jou lag...
29/10/2026

Wat maak ’n plek ’n tuiste?

Miskien is dit nie die mure of die meubels nie.

Miskien is dit die mense wat saam met jou lag. Die bekende gesigte. Die koppie tee aan ’n tafel waar daar altyd plek is vir nog een.

Dis die gevoel wat ons vir ons bejaardes met ’n nuwe dagkamer wil skep.

’n Plek waar daar altyd iets aangaan, iemand is om mee te gesels en ’n stoel is om in te sit.

Help ons om hierdie plek te bou.
Ons boufonds maak dit moontlik, maar ons het ons gemeenskap nodig.

Elke bydrae, groot of klein, bring ons ’n bietjie nader.

Ds. Charl Stander, Besturende Direkteur (links) van Goeie Hoop Behuisingsmaatskappy het Huis Stilbaai besoek om die voon...
29/10/2026

Ds. Charl Stander, Besturende Direkteur (links) van Goeie Hoop Behuisingsmaatskappy het Huis Stilbaai besoek om die voonemende planne vir die bou van ‘n Dagkamer/Sitkamer te bespreek.
Dankie GHBM en Badisa.

Saam met hom op die foto is Beheerraadslede Hennielene Botha, Christiaan Burmeister en Karlien Saayman, bestuurder.

27/10/2026

Psalm 46:11 (“Wees stil en weet Ek is God!”) 🩵
In ’n wêreld vol geraas, gejaag en bekommernisse nooi God ons om vir ’n oomblik stil te word. Om asem te skep, ons gedagtes tot rus te bring en te onthou dat Hy steeds in beheer is.

Jy hoef nie vandag alles te verstaan of al die antwoorde te hê nie. Los jou sorge by Hom, vertrou op Sy tydsberekening en weet dat Hy reeds die pad vorentoe ken.

Mag hierdie Sondag vir jou ’n dag van vrede, rus en nuwe krag wees. Geniet die kosbare tyd saam met jou geliefdes, waardeer die klein seëninge en maak veral tyd om stil te raak en met jou Hemelse Vader te gesels.

Want soms, wanneer ons stil word, besef ons weer hoe naby Hy nog altyd is. 🩵


Digitale kuns deur Adrie

26/10/2026

Address

Stilbaai
6674

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Stilbaai Bejaardesorg - Huis Stilbaai posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Nearby non profit organizations