Ons Winkel Rustenburg

Ons Winkel Rustenburg Met jou ongewensde items kan ons letterlik wonderwerke verrig! Die Ons Winkel skenkingswinkel dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur.

Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse asook gemeenskapshulp beskikbaar. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone

Dít realise

er deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Ja jy het reg gehoor. Dis nie n storie nie. ONS TREK 10 JULIE. NA FLAME TREE PLACE 176 PRES MBEKI DRIVEHuidiglik nog by ...
19/06/2026

Ja jy het reg gehoor. Dis nie n storie nie.

ONS TREK 10 JULIE.
NA FLAME TREE PLACE
176 PRES MBEKI DRIVE

Huidiglik nog by 224A Beyers Naude.

☎️ Johan 0836720449

Ons is huidiglik nog by 224A Beyers Naude  tot 9 Julie.Ons trek 10 Julie na.Flame Tree place 176 President Mbeki (Sien p...
18/06/2026

Ons is huidiglik nog by 224A Beyers Naude tot 9 Julie.

Ons trek 10 Julie na.
Flame Tree place
176 President Mbeki
(Sien padkaart)

☎️ Johan 0836720449

Geen uithou, eerste kom eerste kry

Maak jou nota!! Ons trek na nuwe perseel 10 Julie. Nuwe perseel 176 Pres Mbeki Huidiglik by 224A Beyers Naude ☎️ Johan 0...
17/06/2026

Maak jou nota!! Ons trek na nuwe perseel 10 Julie.
Nuwe perseel 176 Pres Mbeki

Huidiglik by 224A Beyers Naude
☎️ Johan 0836720449

Liewe vriend onthou ons hou ongelukig niks uit nie.

Teddies vir kinders of self vir "Wagter" jou honde kind. Kom loer gerus.Ons is nog by 224A Beyers Naude ☎️ Johan 0836720...
12/06/2026

Teddies vir kinders of self vir "Wagter" jou honde kind.
Kom loer gerus.

Ons is nog by 224A Beyers Naude
☎️ Johan 0836720449

Ons hou ongelukig niks uit nie, eerste kom eerste kry.

11/06/2026

Maak n skermskoot (screenshot) van ons nuwe perseel se adres. Ons trek: 10 Julie.Weer oop: 13 Julie.Glo my jy wil dit ni...
11/06/2026

Maak n skermskoot (screenshot) van ons nuwe perseel se adres.

Ons trek: 10 Julie.
Weer oop: 13 Julie.

Glo my jy wil dit nie mis nie.

☎️ Johan 0836720449

Onthou geen uithou, slegs eerste kom eerste kry.

Ons Winkel Rustenburg verhuis na nuwe perseel 10 Julie.Grooter, beter vir jou gerief.Huidiglik by 224A Beyers JOHAN 0836...
10/06/2026

Ons Winkel Rustenburg verhuis na nuwe perseel 10 Julie.

Grooter, beter vir jou gerief.

Huidiglik by 224A Beyers
JOHAN 0836720449

Boekstaaf die datum. Ons verhuis na nuwe perseel!!!  10 Jullie. Hierdie winskopies gaan jou week mooi inkleur.Huididlik ...
08/06/2026

Boekstaaf die datum. Ons verhuis na nuwe perseel!!! 10 Jullie.

Hierdie winskopies gaan jou week mooi inkleur.

Huididlik nog by
224A Beyers Naude
☎️ Johan 0836720449

Onthou geen uithou.

Goeie nuus ons gaan groter, vir jou gerief. Ons verhuis in Julie maand.Huidiglik nog by 224A Beyer Naude ☎️ Johan 083672...
04/06/2026

Goeie nuus ons gaan groter, vir jou gerief. Ons verhuis in Julie maand.

Huidiglik nog by 224A Beyer Naude

☎️ Johan 0836720449

# #

By ons sal jy iets ouds, iets mooi, iets intresant vind. Maar kom kyk self.Ons is saterdag 30 Mei oop. 9-13 224A Beyers ...
28/05/2026

By ons sal jy iets ouds, iets mooi, iets intresant vind. Maar kom kyk self.

Ons is saterdag 30 Mei oop. 9-13

224A Beyers Naude
☎️ Johan 0836720449

Onthou vriend, geen uithou, eerste kom eerste kry.

Address

224A Beyers Naude Drive
Rustenburg
2999

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 12:00

Telephone

+27836720449

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Rustenburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Rustenburg:

Share