06/07/2026
💙 UIT ONS HARTE UIT... BAIE, BAIE DANKIE! 💙
Met opregte dankbaarheid wil die Charitas Social Care Rustenburg-span ons diepste waardering uitspreek aan elke persoon, kerk, besigheid en gesin wat deel was van ons Red 'n Kind Rolbaldag.
Dankie vir elke bydrae, elke borgskap, elke gebed, elke helpende hand en elke glimlag wat hierdie dag so besonder gemaak het. Julle goedhartigheid en ondersteuning het dit moontlik gemaak om R58 425 in te samel - 'n ongelooflike seën wat 'n werklike verskil in kinders se lewens sal maak.
Saam het ons gewys dat wanneer 'n gemeenskap hande vat, kan ons hoop bring, harte raak en toekomsdrome help bou.
Mag die Here elkeen van julle ryklik seën vir julle liefde, omgee en bereidwilligheid om 'n verskil te maak.
❤️ Baie dankie dat julle saam met ons gekies het om in kinders se toekoms te belê. Julle maak 'n verskil!
Met opregte waardering,
Die Charitas Social Care Rustenburg-span 🌿