Caritas Care Mossel Bay

Caritas Care Mossel Bay Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Caritas Care Mossel Bay, Nonprofit Organization, Crook Street, Mossel Bay.

Our mission is to embody the true meaning of our name, derived from the Latin word for “charity” or “love.” Grounded in Christian virtues, we believe in the power of love to make a profound impact on the lives of others.

🌸 Geseënde Vrouedag aan elke vrou! 🌸Vandag vier ons vroue – vroue wat dra, versorg, inspireer, leer, bou en soms selfs s...
09/08/2026

🌸 Geseënde Vrouedag aan elke vrou! 🌸

Vandag vier ons vroue – vroue wat dra, versorg, inspireer, leer, bou en soms selfs sterker staan as wat hulle self besef.

By Caritas Care glo ons dat elke vrou se verhaal waardevol is. Ons glo in die krag van ’n mens se stem, in die betekenis van haar lewensverhaal en in die moontlikheid om nuwe hoofstukke te skryf.

Mag ons vandag die vroue rondom ons raaksien, na hulle stories luister en hulle met waardigheid en deernis ontmoet. Mag ons ook onthou dat ’n vrou nie alles alleen hoef te dra nie – gemeenskap, ondersteuning en veilige ruimtes maak ’n verskil.

Aan elke vrou wat op haar eie manier ’n verskil maak: jou verhaal maak saak. Jou stem maak saak. Jy maak saak❤️

🌷 Gelukkige Vrouedag van almal by Caritas Care!

💍Belê in jou verhoudings! 💍Ons is opgewonde om aan te kondig dat Dr. André Botha, 'n geliefde verhoudingspesialis en Nar...
03/08/2026

💍Belê in jou verhoudings! 💍

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Dr. André Botha, 'n geliefde verhoudingspesialis en Narratiewe Pastorale terapeut, weer sy gewilde Verhoudingseminaar aanbied.

Hoewel die seminaar uitstekende waarde vir getroude paartjies bied, is dit nie net vir huwelike nie. Enkellopendes is ook baie welkom! Die beginsels wat gedeel word, is van toepassing op alle verhoudings – met jou huweliksmaat, kinders, familie, vriende, kollegas en ander belangrike mense in jou lewe.

Hierdie seminaar bied praktiese hulpmiddels, insig en wysheid wat jou sal help om gesonde, betekenisvolle en sterker verhoudings te bou.

📍 Waar:Die Ou Pastorie, Groot Brakrivier

Moenie hierdie geleentheid misloop om te groei in die manier waarop jy met die mense om jou leef en skakel nie.

📅 Sien die advertensie vir al die besonderhede en bespreek betyds. Ons sien daarna uit om jou daar te verwelkom!

Die afgelope naweek het ons met groot dankbaarheid en vreugde Caritas Care se 10de bestaansjaar én ons Sertifikaatoorhan...
28/07/2026

Die afgelope naweek het ons met groot dankbaarheid en vreugde Caritas Care se 10de bestaansjaar én ons Sertifikaatoorhandigingsfunksie gevier. Dit was werklik 'n praggeleentheid wat ons harte diep geraak het.

Ons het die voorreg gehad om vier van ons stigterslede te vereer, asook verskeie mense wat oor die afgelope tien jaar 'n betekenisvolle bydrae tot die groei en ontwikkeling van Caritas Care gelewer het. Om hulle almal teenwoordig te hê en saam terug te kyk op die verhaal van Caritas Care, was besonder kosbaar.

'n Groot en opregte gelukwensing aan ons klas van 2025! Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Altesaam 35 studente het hul sertifikate ontvang – 'n merkwaardige mylpaal wat getuig van harde werk, deursettingsvermoë en 'n passie om hoop en genesing na ander te bring.

Dankie aan elke student, dosent, ondersteuner, vriend en familielid wat deel is van die Caritas Care-verhaal. Ons vier nie net tien jaar van bestaan nie, maar tien jaar van verhale van hoop, groei en transformasie.

Op die volgende tien jaar van Caritas Care!

13/07/2026





🎉 We are excited to announce our next entrant for the above categorie! Judy Meyer

Courageous, inspired, and proactive, she continues to seize opportunities to grow and elevate herself so that she could continue to empower other women from all walks of lives. Her determination and commitment truly reflect the spirit of excellence we celebrate through the SACBW Awards.

We are proud to have her as part of this journey and look forward to seeing her shine! ✨



09/04/2026

✨ A Great Start to the New Term at Caritas Care! ✨🌍

We had a wonderful first day of the new term with our Alumni class and Prof Stephan de Beer. His deep passion for people and communities was truly inspiring and encouraging to everyone present.

It was a great privilege to welcome him to Mossel Bay and to learn from his powerful teaching on “Acting locally, thinking globally: Engaging dominant narratives as people of God.” His message challenged us to reflect on how we, as people of faith, can actively engage with our communities and make a meaningful difference where we are planted.

Thank you, Prof Stephan de Beer, for sharing your wisdom, insight, and heart with us. We are grateful for the impact you have made in just one day.

Today we celebrate the victory of life over death, hope over despair, and love over fear. ✝️🌿He is risen! He is risen in...
05/04/2026

Today we celebrate the victory of life over death, hope over despair, and love over fear. ✝️🌿
He is risen! He is risen indeed!

Resurrection Sunday reminds us that no matter how dark the night may feel, God always brings new life, new beginnings, and new hope. The empty tomb is a powerful reminder that healing, restoration, and transformation are always possible.

Today we are reminded that the resurrection is not only a historical event, but a living message for every heart that feels tired, broken, overwhelmed, or discouraged. Through Christ’s resurrection, we are invited into a life of hope, compassion, and renewal — to carry His love into the lives of others.

As we celebrate today, may you experience:
✨ Renewed hope in your heart
✨ Peace in your mind
✨ Healing in your journey
✨ And the deep assurance that God is with you

“He is not here; He has risen, just as He said.” – Matthew 28:6

Blessed Resurrection Sunday to our Caritas Care family and community.
May you walk in the joy and hope of the risen Christ today and always. 💛

Today we pause and reflect on the deep love and sacrifice of Jesus Christ.Good Friday reminds us that even in suffering,...
03/04/2026

Today we pause and reflect on the deep love and sacrifice of Jesus Christ.

Good Friday reminds us that even in suffering, there is hope.
Even in brokenness, there is healing.
Even in darkness, God is at work bringing redemption and new life.

Today we are reminded that the message of the cross is one of compassion, grace, and sacrificial love — the same love we strive to live out in our care, training, and support of others every day.

“By His wounds we are healed.” – Isaiah 53:5

May this Good Friday be a sacred moment of reflection, gratitude, and renewed faith for you and your loved ones.

Wishing all our students, partners, and community a blessed Good Friday and peaceful Easter season 🤍

🌿 Beradersontbyt saam met Essie Raath – 15 Maart 🌿Wat ’n besonderse en verrykende oggend tydens ons beradersontbyt saam ...
24/03/2026

🌿 Beradersontbyt saam met Essie Raath – 15 Maart 🌿

Wat ’n besonderse en verrykende oggend tydens ons beradersontbyt saam met Essie Raath op 15 Maart. Dit is altyd ’n voorreg en groot vreugde om saam met Essie te kuier. Sy dra soveel wysheid, praat met diepe deernis en skep ’n veilige ruimte waar elkeen kan reflekteer en groei. 🤍

Die tema van die oggend, “Hoe ontmoet ek God in oorweldiging?”, het elke berader op ’n diep en persoonlike vlak geraak. Essie het ons herinner dat God juis in ons oorweldigende oomblikke naby is en dat daar ruimte is om eerlik, stil en afhanklik voor Hom te wees.

Na die inspirerende gesprek het almal heerlik saam geëet en gesellig gekuier – ’n oggend van samesyn, ondersteuning en geestelike verdieping. ☕🥐

Dankie Essie vir jou tyd, jou wysheid en jou sagte, deernisvolle manier van bediening. Ons waardeer jou opreg en sien uit na nog baie sulke saamkuier-geleenthede.

🌸 Floreer Oggend – 14 Maart 🌸Wat ’n besonderse oggend van inspirasie, opheffing en samesyn by die Floreer-oggend op 14 M...
18/03/2026

🌸 Floreer Oggend – 14 Maart 🌸

Wat ’n besonderse oggend van inspirasie, opheffing en samesyn by die Floreer-oggend op 14 Maart. Vroue het bymekaargekom om mekaar in liefde te bedien, aan te moedig en mekaar te herinner dat elke vrou die potensiaal het om te floreer – selfs in uitdagende omstandighede.

Judy Meyer, voorsitter van die Caritas Care-direksie, het die funksie namens Caritas bygewoon.

Carstens het die oggend as MC gelei en met die karakter Dot ’n glimlag op almal se gesigte gesit. Myburg het ’n inspirerende boodskap gedeel oor hoe vroue kan floreer en mekaar kan opbou.

Ons het ook meer gehoor van Hannelie en Deidre van die Gemeenskaps Polisieforum in Mosselbaai en Da Gamaskop, wat met toewyding werk met behoeftige vroue in ons dorp.

’n Spesiale dankie aan Shadé Meyer en Natalie Steyberg vir die inisiatief om ’n insameling vir behoeftige vroue te begin.

Dit is bemoedigend om te sien hoe gemeenskappe saamstaan om vroue te inspireer en te bemagtig. 🌿

❤️🌿 Gelukkige Valentynsdag 🌿❤️Liefde is die sagte teenwoordigheid van iemand wat luister, die hand wat uitreik wanneer d...
14/02/2026

❤️🌿 Gelukkige Valentynsdag 🌿❤️

Liefde is die sagte teenwoordigheid van iemand wat luister, die hand wat uitreik wanneer dit swaar gaan, en die moed om saam met iemand deur pyn na hoop te stap.

Liefde lyk soms soos:
✨ ’n veilige ruimte om jou storie te vertel
✨ ’n hart wat sonder oordeel hoor
✨ iemand wat sê: “Jy is nie alleen nie.”

Mag hierdie Valentynsdag jou herinner dat jy waardevol is, dat jy behoort, en dat jou storie saak maak.

Ons sien jou. Ons hoor jou. Ons stap saam met jou. ❤️

Address

Crook Street
Mossel Bay
6525

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Caritas Care Mossel Bay posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Caritas Care Mossel Bay:

Shortcuts

Share