Cat Love Warriors NPC 2020/741890/08

Cat Love Warriors NPC 2020/741890/08 Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Cat Love Warriors NPC 2020/741890/08, Nonprofit Organization, 8 Bach Street, Hartbeespoort.

22/06/2026
🌸Goeie more almal, ons wens julle n awesome Junie 2026. 🌸🐾💔 Ons het groot asb weer julle hulp nodig... 💔🐾Eerstens wil on...
01/06/2026

🌸Goeie more almal, ons wens julle n awesome Junie 2026. 🌸

🐾💔 Ons het groot asb weer julle hulp nodig... 💔🐾

Eerstens wil ons uit die diepte van ons harte dankie sê vir elke persoon wat tot dusver gehelp het. 🙏❤️ Sonder julle sou ons eenvoudig nie kon doen wat ons doen nie. Julle bydraes maak dit moontlik vir ons om vir elke katjie kos, skoon sand en die nodige sorg te gee. Ons is opreg dankbaar vir elke donasie, deel, gebed en boodskap van ondersteuning. 🐱✨

Met die fondse van die Moedersdag raffle kon ons gelukkig kos aankoop, genoeg sand kry om ons nog ongeveer 3 weke te hou, 'n kas blikkieskos aanskaf en die veeartsrekening ten volle vereffen. Daarvoor is ons ongelooflik dankbaar. 🙏💛

Maar ons staan nou weer voor 'n groot uitdaging... 😔
Ons voorraad Ideal katkos en blikkieskos raak vinnig min. Die katkinders kamp letterlik uit by die kosbakke en die kos verdwyn baie vinniger as wat ons begroot het. 🥺🐾

Daarby voer ons steeds elke dag die ferals wat op ons stoep kom eet. Hulle het niemand anders om op staat te maak nie, en al is hulle nie deel van die opvangs nie, kan ons eenvoudig nie wegkyk wanneer hulle honger opdaag nie. 💔🐈

Ons kan nog vir 'n kort rukkie die Ideal katkos teen R350 per 10kg sak kry voordat die prys op 1 Julie na R380 per sak styg. 📈😢

Ons vra nederig of daar dalk iemand is wat kan help met:
🐾 'n Sak Ideal katkos
🐾 Blikkieskos
🐾 Of enige finansiële bydrae om kos aan te koop
Elke rand maak 'n verskil. Elke donasie help om 'n honger magie vol te maak. ❤️

Hierdie katkinders, sowel as die ferals wat daagliks by ons kom aanklop vir kos, is afhanklik van ons. En ons is afhanklik van die ongelooflike goedhartigheid van mense soos julle. 🥹🙏

Dankie vir elke hand wat uitreik om te help. Dankie dat julle aanhou om saam met ons vir hierdie katjies te veg. Ons kan dit werklik nie sonder julle doen nie. ❤️🐾

Met baie liefde en dankbaarheid, 🌷🐱💛

🐾💕

🌸MOEDERSDAG RAFFLE🌸Ten bate van ons katte en sanctuary 🐾Ons vier Moedersdag met ’n spesiale Mystery Box Raffle – die per...
22/04/2026

🌸MOEDERSDAG RAFFLE🌸
Ten bate van ons katte en sanctuary 🐾

Ons vier Moedersdag met ’n spesiale Mystery Box Raffle – die perfekte bederf vir ’n wonderlike mamma… of vir jouself!

🎁 *Daar is net 1 gelukkige wenner*!
Die Mystery Box bevat:
✨ Iets warm
✨ Iets lekkers
✨ Bederfies vir ’n moeder💝 PLUS
’n *R500.00* Avon geskenkbewys

🐾 Alle fondse gaan direk vir:
• Katkos en sand
• Veearts kostes
• Daaglikse versorging
• Opknappings werk by die sanctuary

🎟️ *Kaartjies: R20 elk*🎟️
Koop *5* kaartjies en kry *1 GRATIS* inskrywing

*Betalings na*:
Cat Love Warriors NPC
FNB: 62868515415
Verwysing: Raffle + Naam

*Sluitingsdatum*
: 5 Mei 2026 📢
Wenner word op die blad aangekondig
Let wel: Die wenner is self verantwoordelik vir koerier koste.🚚

Elke kaartjie help ons om vir ons katte ’n veilige, warm en liefdevolle plekkie te skep. Dankie vir julle onbaatsigtige ondersteuning ❤️🐾

Address

8 Bach Street
Hartbeespoort
0260

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Cat Love Warriors NPC 2020/741890/08 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share