Die Voortrekkers Hartbeespoort

Die Voortrekkers Hartbeespoort Bevordering in Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap en Dienslewering vir jeuglede en volwassenes.

Registreer en word deel
https://registrasie.voortrekkers.co.za

Aan al die maats wat die vakansie kamp, geniet elke oomblik.  Dis 'n fees om 'n Vorie te wees.
26/06/2026

Aan al die maats wat die vakansie kamp, geniet elke oomblik. Dis 'n fees om 'n Vorie te wees.

Die Voortrekkers wens al ons lede, gesinne en vriende ’n heerlike vakansie toe!

Mag hierdie tyd gevul wees met avontuur, rus, lekker kuier en kosbare herinneringe saam met familie en vriende.

Vir almal wat hierdie vakansie gaan kamp – geniet die vars lug, die kampvuur, die sterrehemel en die besondere oomblikke wat net die buitelewe kan bied.

Bly veilig op die paaie en kom terug met nuwe energie vir die volgende Voortrekker-avonture.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]



26/06/2026
Want dis hoe ons rol.  Kwartaal 2 afsluiting 2026.
26/06/2026

Want dis hoe ons rol. Kwartaal 2 afsluiting 2026.

26/06/2026
Ons maats het die kwartaal afgesluit met malvalekkers braai en sommer 'n lekker Vorie vasvra.  Almal het die koue weer t...
26/06/2026

Ons maats het die kwartaal afgesluit met malvalekkers braai en sommer 'n lekker Vorie vasvra. Almal het die koue weer trotseer. Geniet die vakansie Vories. Sien julle volgende kwartaal.

17/06/2026

🇿🇦 Gelukkige Jeugdag! 🇿🇦

Die toekoms van Suid-Afrika lê in die hande van jongmense wat bereid is om met geloof, moed en karakter ’n verskil te maak.

Soos ’n enkele kers die donker verdryf, kan een jong mens hoop aansteek, ander inspireer en ’n blywende impak op die wêreld hê. Elke keuse wat vandag gemaak word, bou aan môre se Suid-Afrika.

By Die Voortrekkers glo ons daarin om jongmense toe te rus om doelgerig te leef, verantwoordelik te lei en met oortuiging hulle lig te laat skyn.

Die toekoms begin by jou.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011



Meerkat span Veldkennis uistappie nommer 2. Vandag geleer van kewers, termiete en bye en hulle belangrikheid in ons same...
17/06/2026

Meerkat span Veldkennis uistappie nommer 2. Vandag geleer van kewers, termiete en bye en hulle belangrikheid in ons samelewing by die miskruier guru van Suid-Afrika.
Dankie Christian Deschodt vir jou tyd en insig want dis hoe ons rol.

Geniet wêreldbyedag.  Hoop jy het sommer baie blommetjies in die tuin geplant vir ons vriende.
20/05/2026

Geniet wêreldbyedag. Hoop jy het sommer baie blommetjies in die tuin geplant vir ons vriende.

Address

Hartbeespoort
0260

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

+27828263094

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Voortrekkers Hartbeespoort posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Die Voortrekkers Hartbeespoort:

Share