30/09/2026
💙 AFSLUITING VAN SEPTEMBER SE 365 DAYS-PROGRAM | GESTREMDHEID 💙
Ter afsluiting van September se 365 Days-program, met die tema Gestremdheid, het ACVV George die besondere geleentheid gehad om ’n dag saam met APD George deur te bring. 💙
Die kollegas van APD George het die ACVV-span hartlik ontvang en ons geneem op ’n reis deur ’n tipiese dag in die lewe van die drywers, versorgers en onderwysers by APD. Dit was ’n waardevolle ervaring wat ons die geleentheid gebied het om eerstehands te sien hoeveel liefde, geduld, toewyding en omgee elke dag in die versorging en ontwikkeling van die kinders ingaan. 🌿
Wat die dag besonders gemaak het, was die geleentheid om tyd saam met elke kind deur te bring, hulle persoonlikheidjies te leer ken, saam te speel, te gesels en sommer net die vreugde van hul teenwoordigheid te ervaar. 💙
’n Spesiale woord van dank aan APD George vir julle gasvryheid, moeite en bereidwilligheid om julle wêreld met ons te deel. Dankie dat julle ons toegelaat het om vir ’n dag deel te wees van die wonderlike werk wat julle elke dag doen. 🌸
💙 Saam kan ons ’n meer inklusiewe gemeenskap bou waar elke persoon gesien, gehoor, aanvaar en waardeer word.