02/10/2026
🌸 Lentemark 2026 – ’n Groot sukses! 🌸
Na weke van voorbereiding en harde werk deur ons Fondsinsamelingskomitee, het ons Lentemark op Erfenisdag, 24 September, met ’n behoorlike “BIG BANG” afgeskop! 🎉
Vir drie dae het die NG Kerksaal gegons van lekker kuier, heerlike kos, stalletjies, vleisverkope en natuurlik iets vir almal! 🌷
Nou dat die Lentemark verby is, wil Herfsvreugde uit die diepte van ons harte BAIE DANKIE sê aan elke persoon wat dit moontlik gemaak het. ❤️
Dankie aan ons stalletjiehouers, vrywilligers, helpers agter die skerms, ons wonderlike kopers en almal wat ons Lentemark in die gemeenskap help bemark het.
Sonder julle ondersteuning sou dit nie moontlik gewees het nie! 🙏
Ons is ongelooflik dankbaar vir elke helpende hand en vir ’n gemeenskap wat telkens saam met Herfsvreugde staan. 🌸💕