13/08/2026
🩺ñ Gesondheid vergadering vol met beleefdheid & kundigheid!
Annalize Thiart, die stigter & eienaar van ANNABeleef in Worcester, ñ unieke koffiebestemming op die terrein van Innovation for the Blind, het ons kom vertel oor Beleef die lewe met Lupus.
Sy het gesels oor hoe ons, ten spyte van die draaie wat die lewe soms bring, steeds kan kies om nie net te oorleef nie, maar om werklik te beleef.
Haar lewe het ñ onverwagte wending geneem toe sy in haar dertigs met lupus gediagnoseer is.
Vandag gebruik sy hierdie ervaring om ander te inspireer & om deur ANNABeleef geleenthede te skep waar mense kan behoort, hoop kan vind & waar persone met gestremdhede ook deel van betekenisvolle werk kan wees.
Sy was ook bevoorreg dat haar storie & die werk van ANNABeleef onlangs op Carte Blanche gedeel was.
🥇Wenner AfriForum Sakenetwerk Tinteltong toekenning (2024 & 2025)
🥇Wenner Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit: Fenominale Vroue Entrepreneur 2024
🥇Semi-finalis AfriForum Sakenetwerk Entrepreneur 2024
🥇Top 3-finalis FEDHASA Hospitality Awards 2026 (Sustainability & ESG)
🥇Top 10-genomineerde BWMM Women of Excellence African Awards 2026.
In haar eie woorde: 'Kies vandag om die lewe voluit te beleef!'
Gaan besoek gerus haar webblad: www.annabeleef.co.za
📚Sy het ook ñ boek geskryf: Beleef - Die lewe met Lupus, ñ persoonlike reis van hoop & oorwinning.
Henrico K**k, ñ Gevorderde wondversorgingspraktisyn, eienaar & stigter van Wounds on Wheels.
Hy is ñ toegewyde & resultaatgerigte gesondheidsorgkundige met kundigheid in wondversorgingsbestuur, pasiëntbehandeling & mobiele kliniese dienste.
Met bewese vermoë om akute & chroniese wonde, insluitend diabetiese, chirurgiese & traumagevalle, te beoordeel, te behandel & te bestuur.
Sterk gefokus op pasiëntgerigte sorg, infeksiebeheer & verbetering van genesingsuitkomste.
Hul dienste: gevorderde wondversorgingbestuur, behandeling van diabetiese foot ulcer, infeksiebeheer & -voorkoming, mobiele wondversorging, behandelingsbeplanning & keuse van verbande.
📃🧑🎓Professionele sertifikate: Staff Nurse Training, Registered Nurse Training Mediclinic, Advance Woundcare (University of Free State)
In sy eie woorde: 'God is die geneesheer & die wondbroeder/suster is net die instrument!'
Gaan volg hul gerus op Facebook: Wounds on Wheels.
Chris-Mari van Greunen, eienaar van Chris-Mari van Greunen Fisioterapie in Worcester.
Sy is passievol oor vrouegesondheid omdat sy glo vroue dra reeds soveel verantwoordelikhede & gaan deur soveel in elke fase van hul lewens.
Haar passie vir fisioterapie het reeds op ñ jong ouderdom begin toe sy self as baba fisioterapie ontvang het.
Dit het haar geïnspireer om ñ beroep te kies waarin sy elke dag ñ verskil in ander mense se lewens kan maak.
Dit is vir haar so ñ voorreg om vroue met kennis toe te rus & hul te help om weer met selfvertroue & sonder onnodige beperkinge te leef.
Sy is ñ plaasmeisie van George & het aan Hoërskool Outeniqua gematrikuleer.
📃🧑🎓 Fisioterapie - Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), Gemeenskapsdiensjaar by Aliwal-Noord Hospitaal & na haar studies het sy haar verder bekwaam in Vrouegesondheidfisioterapie, met ñ besondere belangstelling in bekkenbodemgesondheid, swangerskap- & nageboortesorg.
Gaan besoek gerus haar webblad: www.chrismariphysio.co.za
Jakobus Viljoen, het ons ñ demonstrasie van ñ spesiale sensor/toestel vir diabete gewys.
Hy was nie ñ diabeet gebore nie & nou om met diabetes te leef, verander jou daaglikse roetine deur konstante bloedsuikermonitering, noukerige maaltydbeplanning met fokus op koolhidrate, gereelde fisiese aktiwiteit & roetine medikasiebestuur of insuliengebruik te vereis.
Om jou glukosevlakke verskeie kere per dag te toets het die vingerprik maar gevoelig geraak.
Jakobus maak nou gebruik van die Freestyle Libre 2 sensor/toestel om sy bloedsuiker te bestuur.
Hierdie sensor/toestel is soos ñ polisieman wat jy dra op jou arm & is so handig om te help met die bestuur van jou bloedsuiker op ñ daaglikse basis.
Dit word gekoppel aan jou selfoon vir dadelike lesings wat help om jou meer bewus te maak wat jy eet / inneem & hy voel dat dit werklik sy lewe as ñ diabeet makliker maak!
Hierdie sensor/toestel is te koop by Dischem.
Dankie aan die Gesondheid komitee, was ñ besonderse aand🪻