Breede Vallei Belastingbetalersvereniging

Breede Vallei Belastingbetalersvereniging Doelstelling van die Vereniging
Om die belange van die inwoners van die BV in die algemeen te beskerm

08/04/2026

U word daaraan herinner dat, indien u voel dat u beswaa⁰ nie na wense hanteer is nie, u self verantwoordelik is vir die indiening van die appèl aansoek. Die vereniging tree op namens die belastingbetalers, wat spesifieke ervarings opgedoen het, tydens die waardasie proses. U is nog steeds welkom om enige probleem rakende die waardasie proses onder my aandag te bring. Dankie vir u verstaan.

07/04/2026

Skrywe is opgestel en gestuur na Minister Anton Bredell, Minister vir Plaaslike Owerhede, Ontwikkeling en Beplanning, Weskaap Provinsiale Wetgewer, vir ingryping rakende die verhoging in die waardasies van eiendomme in die Breedevallei Munisipaliteit.

06/04/2026

Tweede versoek vir 'n vergadering is aan die Munisipale Bestuurder, Mnr David McThomas, gestuur na die eerste versoek nie toegestaan is nie.
Indien hierdie versoek nie toegestaan word nie, sal verdere aksie geneem word.
Ons hou u verder op hoogte.

17/03/2026

Lesers,
Die Breedevallei Belastingbetalersvereniging het besluit om die eiendom waardasies vir die tydperk 2026/31 te ondersoek.
Die besluit is geneem omrede verskeie belastingbetalers besondere besware teen die waardasierol gestel het.
U MOET ook in ag neem dat die eiendom teen MARKWAARDE waardeer is!
Die proses wat gevolg word deur munisipale amptenare, betrokke by waardasies, met aanvang van 'n algemene waardasie vanaf die tender uitgegee is tot en met die sitting van die Appèlraad. Ons sal ook insae wil hê in die tenderkontrak wat gesluit is met HCB Valuations;
Met die ondersoek is daar eers gelet op die gemiddelde verhoging van die onderskeie gebiede. Die vergelyking is gedoen gebaseer op die 2021/26 waardasierol. Die resultaat is soos volg:
Worcester 45,2%
De Doorns 43,2%
Rawsonville 46,6%
Touwsrivier 55,3%
Deeltitels 55,2%
Plase 21,2%
Gemiddeld 35,8%;
Dit wil ook voorkom dat daar inkonsekwentheid is met die waardasies van soort gelyke eiendomme;
Is eiendoms verkope gebruik om te kontroleer vir enige inkonsekwente waardasies?
Al die eienaars het nie kennis ontvang van die waardasies nie;
Alle eiendomme is nie teen markwaarde gewaardeer nie;
Die rol is waarskynlik nie deur 'n bevoegde persoon hersien nie;
Watter vereistes is aan die waardeerder en data versamelaars gestel. Hoeveel eiendomme is in werklikheid besoek deur die data versamelaars?
Watter inligting is aan die waardeerder gegee voor waardasies gedoen is, spesifiek met betrekking tot:
Die jaar van lugfoto’s van BVM waarvan af gewerk is, of is daar slegs gebruik gemaak van Google maps?
Is munisipale rekords met betrekking tot aanbouings, hersonerings ens. aan die waardeerder voorsien?

Die BBV het die munisipaliteit versoek om te vergader om bogemelde kwessies te bespreek en dat die vergadering op 18 of 20 Maart 2026 kan geskied.

05/02/2026

Die 2026/2031 belasting rol (eiendons waardasies waarop die eiendomsbelasting bereken word) is pas goedgekeur, besware teen die waardasies het reeds gesluit.
Tydens die vergadering van die Belasting Betalers Vereniging blyk dit dat belastingbetalers nie die inpak van die waardasies het nie.
Die gemiddelde waardasies het met ongeveer 38% verhoog. Saam met die verhoogde koers is dit ongeveer 46%.
U moet uself vergewis van die nuwe waardasie vir u spesifieke eiendom/me.
Indien u een van die gevalle is, word u uitgenooi om die besonderhede per epos aan [email protected] te stuur of per Whatsapp na 084 678 8810. U moet asseblief nie skakel nie.
Die Breedevallei Belastingsvereniging onderneem om na elke individuele besonderhede te handel.
Indien daar tot 'n onkonsekwente waardasies gelei word, sal die aangeleentheid met die verantwoordelike persone/instansies gekontak word.
U eie besonderhede sal nie, op enige stadium, sonder u goedkeuring, beskikbaar gestel word nie.
JM Boonzaaier
Voorsitter

Address

Geen Vaste Adres
Worcester
6850

Telephone

+27846788810

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Breede Vallei Belastingbetalersvereniging posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Breede Vallei Belastingbetalersvereniging:

Share