26/06/2026
Hêpie Vrydag Resep
Een van ons jonger lede in ons groep het die naweek vir ons gewys hoe kan ń maklike resep nog steeds lekker wees.
🥗 Hêpie Campers Kampslaai 🏕️
As daar een ding is wat altyd werk om 'n braai af te rond, is dit 'n eenvoudige, lekker kamp-slaai. Hierdie een is maklik om te maak en was 'n groot wenner by ons kampvuur!
Bestanddele:
🧅 2 uie
🍏 6 Granny Smith-appels
🥒 2 komkommers
🥣 500 g plain joghurt
🤎 Bruinsuiker (na smaak)
Metode: 🔥 Sny die uie in ringe of groter stukkies – moenie dit te fyn sny nie. Sit dit in 'n pan op die kole, strooi 'n bietjie bruinsuiker oor en karameliseer dit stadig totdat dit lekker sag en goudbruin is.
🍏 Skil die appels en sny dit in happiegrootte blokkies.
🥒 Sny die komkommers op soos jy daarvan hou.
🥗 Meng die appels, komkommer en afgekoelde gekaramaliseerde uie saam. Skep die plain joghurt bo-oor en meng liggies deur.
💡 Hêpie Camper-wenk: Laat die slaai vir so 30 minute in die koelhouer rus voordat jy dit voorsit. Dan trek al die geure lekker saam.
Geniet hom saam met 'n lekker braai, goeie geselskap en die mooiste uitsig. Want kampkos hoef nie ingewikkeld te wees om ongelooflik lekker te smaak nie! 🏕️😊