Ons Winkel Stilfontein

Call Directions Website Contact the organization

Ons Winkel Stilfontein Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

JOU ONGEBRUIKTE BREEKWARE KAN 'N VERSKIL MAAK.🧡Skenk dit aan Ons Winkel Stilfontein en ondersteun 'n goeie doel.Saam kan...
08/10/2026

JOU ONGEBRUIKTE BREEKWARE KAN 'N VERSKIL MAAK.🧡
Skenk dit aan Ons Winkel Stilfontein en ondersteun 'n goeie doel.
Saam kan klein skenkings 'n GROOT VERSKIL maak. Dankie vir jou.

Ons Winkel Stilfontein waar jý altyd waarde vir jou geld kry. Maak gerus n draai en kom kyk wat ons alles het. Hier stap...
07/10/2026

Ons Winkel Stilfontein waar jý altyd waarde vir jou geld kry. Maak gerus n draai en kom kyk wat ons alles het. Hier stap almal as n vriend uit.
Ons het die volgende:

Mans klere.
Dames klere.
Kinder klere.
Baba klere.
Kombuisware.
Linne.
Gordyne.
Skoene.
Plastiekware.
Boeke.

Waar is Ons Winkel Stilfontein:
Breede straat 3
079 606 2084

Kyk waarmee is Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek besig! So spesiale projek. Sorg en hulp aan ons kwesbare groep...
07/10/2026

Kyk waarmee is Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek besig! So spesiale projek. Sorg en hulp aan ons kwesbare groepe🙏🤍🙏

26/09/2026
Mooiste dames plus size somers items beskikbaar by Ons Winkel Stilfontein 🩷Dit vlieg van die rakke af.3 Breede Straat,St...
25/09/2026

Mooiste dames plus size somers items beskikbaar by Ons Winkel Stilfontein 🩷
Dit vlieg van die rakke af.

3 Breede Straat,Stilfontein.

22/09/2026
Ons Winkel Stilfontein het weer baie nuwe klere uitgepak. Hier het baie mooi + size klere vir Dames gekom. Maak gerus n ...
21/09/2026

Ons Winkel Stilfontein het weer baie nuwe klere uitgepak. Hier het baie mooi + size klere vir Dames gekom. Maak gerus n draai en kom kry waarna jy soek.
3 Breede straat Stilfontein
079 606 2084

17/09/2026

So maak die Ons Winkels 'n verskil in elke gemeenskap.🧡💙🧡 Dankie vir elke koper en skenker. Jy is deel van die verskil.

🚛Jou plaaslike COURIER GUY dienspunt is nou oop!!!📦THE COURIER GUY-AFGEE- EN OPTELPUNT📍Ons Winkel Stilfontein ,3 Breede ...
16/09/2026

🚛Jou plaaslike COURIER GUY dienspunt is nou oop!!!
📦THE COURIER GUY-AFGEE- EN OPTELPUNT
📍Ons Winkel Stilfontein ,3 Breede Straat.
MAKLIK,VINNIG en BETROUBAAR VIR JOU GERIEF.

Address

Winkel 3, Denphill Gebou, Breede Street
Stilfontein
2551

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:30
Tuesday 09:00 - 16:30
Wednesday 09:00 - 16:30
Thursday 09:00 - 16:30
Friday 09:00 - 16:30
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27832502254

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Stilfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Stilfontein:

Shortcuts

Share