Ons Winkel Stilfontein

Ons Winkel Stilfontein Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Per

sone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

03/09/2026

Welkom by Ons Winkel Stilfontein.
Kom loer gerus in en kry n wye verskeidenheid items.Van breekgoed tot speelgoed,gordyne en klere vir almal se smaak
Waar kry jy ons? Breede Straat 3, Stilfontein.
079 606 2084

💙🤍💙
02/09/2026

💙🤍💙

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒

Vandag stel ons jou voor aan Adriaan en Leoni, die trotse eienaars van Ons Winkel Stilfontein. Die winkel se deure het op 11 Januarie 2023 geopen en hulle is al vir drie jaar deel van die Ons Winkel-familie.

Hulle liefde vir Ons Winkels het begin toe Leoni se skoonma ’n Ons Winkel in KwaZulu-Natal besoek het. Die idee het hulle so aangegryp dat hulle besluit het om self ’n winkel te open – en wat ’n groot avontuur het dit tot dusver geword!

Kom ondersteun Ons Winkel Stilfontein en word deel van ’n groter storie van hoop, harde werk en gemeenskap.

Dankie Adriaan en Leoni vir julle geloof in die Ons Winkels en vir die verskil wat julle in Stilfontein maak!

📍 Winkel 2, Denphill-gebou, Breedestraat 9, Noordwes, 2551
📞 Adriaan en Leoni: 083 250 2254

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

👟Ons stap ’n Nuwe seisoen in! 🍂Terwyl jy jou skoene uitsorteer vir die nuwe seisoen, kyk asb na dié wat jy nie meer dra ...
29/08/2026

👟Ons stap ’n Nuwe seisoen in! 🍂

Terwyl jy jou skoene uitsorteer vir die nuwe seisoen, kyk asb na dié wat jy nie meer dra nie. 👞👢

Skenk dit aan Ons Winkel Stilfontein en gee jou ongebruikte skoene die kans om iemand anders 'n huppel in hul stap te gee.❤️

Jou skenking help om hoop en geleenthede in ons gemeenskap te skep.

Adres: 3 Breede Straat,Stilfontein.
Kontak: 0796062084/0832502254

Dis hoe JOU skenking aan Ons Winkel Stilfontein 'n verskil maak!Ons kry gereeld die vraag: "Waarom verkoop ons die items...
28/08/2026

Dis hoe JOU skenking aan Ons Winkel Stilfontein 'n verskil maak!
Ons kry gereeld die vraag: "Waarom verkoop ons die items wat aan ons geskenk word?"
Die antwoord: " Ons kan nie 'n honger kind met 'n grootmens trui voed nie,maar ons kan hom verkoop en die kind voed."

Jou klein dade maak groot impak in ons gemeenskap.🤍💙🤍
DANKIE.

Kom snuffel gerus rond by Ons Winkel Stilfontein! 🛍️✨Ons rakke is propvol nuwe en interessante voorraad! Van pragtige vi...
26/08/2026

Kom snuffel gerus rond by Ons Winkel Stilfontein! 🛍️✨

Ons rakke is propvol nuwe en interessante voorraad! Van pragtige vintage-stukke uit die ou tas 🎀 tot items wat jy sommer net met ’n bietjie kreatiwiteit kan opkikker en jou eie unieke uitrusting kan skep. 👗👕✨

En die beste deel? Ons pryse gaan jou aangenaam verras! 😍

Maar nóg beter… elke sent wat jy hier spandeer, help ons om ’n student én ons gemeenskap vorentoe te help. ❤️

Kom loer in, kom snuffel rond en ontdek jou volgende “skat” by Ons Winkel! 🛒💚

Ons Winkel Stilfontein by die 2026 Solidariteit Helpende Hand Kongres.Die afgelope week was Ons Winkel Stilfontein bevoo...
23/08/2026

Ons Winkel Stilfontein by die 2026 Solidariteit Helpende Hand Kongres.

Die afgelope week was Ons Winkel Stilfontein bevoorreg om deel te wees van die 2026 Solidariteit Helpende Hand Kongres in Pretoria.
'n Tyd van inspirasie, visie en nuwe hoop.

Welstand deur Werksyn +1 💛

Met hart en krag tot hoop bou ons aan gemeenskappe waar mense nie bloot van hulp afhanklik bly nie, maar waar mense toegerus, bemagtig en aangemoedig word om self ’n volhoubare toekoms te help bou.

Ons glo dat God vir elkeen ’n toekoms en ’n belofte het, juis daar waar Hy jou geroep het.
Hy is ons Krag en ons Psalm. 🙏

Ons wag nie vir ’n nuwe president of ’n nuwe leier om dinge vir ons te verander nie. Ons kies om self verantwoordelikheid te neem vir dit wat God aan ons toevertrou het. Om hard te werk, hande uit die moue te steek en saam te bou aan ’n sterker gemeenskap.

Daarom nooi ons ons hele gemeenskap uit om deel te word van ons nuwe KOSH Helpende Hand-tak. Navrae: Adriaan/Leoni 0796062084/0832502254

Kom bou saam. Kom maak ’n verskil.
Word deel van die verskil.💙🤍💙

❤️ ONS WINKEL STILFONTEIN HET JOU HULP NODIG! ❤️🌸 ’N NUWE SEISOEN IS OPPAD! 🌸Ons benodig DRINGEND SKENKINGS van:👨 Klein ...
16/08/2026

❤️ ONS WINKEL STILFONTEIN HET JOU HULP NODIG! ❤️
🌸 ’N NUWE SEISOEN IS OPPAD! 🌸
Ons benodig DRINGEND SKENKINGS van:
👨 Klein mansklere, broeke & skoene
👩 Dames somerklere & skoene
Kyk asseblief in jou kas wat jy nie meer gebruik nie. 👕👟
🙏 Wat vir jou oorbodig is, kan vir iemand anders ’n groot verskil maak!
❤️ Skenk. Help. Maak ’n verskil.
📍 Ons Winkel Stilfontein
DEEL ASSEBLIEF – elke skenking help! 🙏
3 Breede straat Stilfontein
079 606 2084

Ons Winkel Stilfontein het baie nuwe voorraad uitgepak. Maak gerus n draai en kom bederf jouself. T- hemde vanaf R10. Bl...
13/08/2026

Ons Winkel Stilfontein het baie nuwe voorraad uitgepak. Maak gerus n draai en kom bederf jouself.
T- hemde vanaf R10.
Bloese vanaf R20.
Rokke vanaf R40.
Baadjies, jasse en truie vanaf R30.
Broeke R20 elk.
Kinder klere R10 elk
Mans Broeke R40
Mans hemde R30
Breede straat 3
Stilfontein
079 606 2084

Ons Winkel Stilfontein wil regtig al ons kliënte bedank vir die maand van Julie. Baie dankie vir elke koper en skenking ...
03/08/2026

Ons Winkel Stilfontein wil regtig al ons kliënte bedank vir die maand van Julie. Baie dankie vir elke koper en skenking wat ons ontvang het. Dit maak regtig n baie groot verkil in soveel mense se lewe.
Ons wil egter vra as daar ietsie in en om jou huis staan en jy voel om dit te skenk julle asseblief aan Óns Winkel Stilfontein sal d**k.
Ons het julle hulp nodig om nog meer mense te help.
Help ons om n verskil in iemand anders se lewe te maak.
Ons kan skenkings optel by jou huis ook.
3 Breede straat Stilfontein
0796062084

Ons Winkel Stilfontein would like to sincerely thank all our customers for the month of July. Many thanks for every purchase and donation we received; it truly makes a huge difference in so many people's lives.
However, if you have any items in or around your home that you would like to donate, we ask that you please keep Ons Winkel Stilfontein in mind.
We need your help to assist even more people.
Help us make a difference in someone else's life.
We can also collect donations from your home.
3 Breede Street, Stilfontein
079 606 2084

Ons Winkel Stilfontein   het n MASSIEWE uitverkoping op alle winter klere. Dames baadjies en truie. R30. Bloese. R20. (K...
30/07/2026

Ons Winkel Stilfontein het n MASSIEWE uitverkoping op alle winter klere.

Dames baadjies en truie. R30.
Bloese. R20. (Kort en lank)
Broeke. R20 (Alle grotes)
3 Breede straat Stilfontein
0796062084

Ons Winkel Stilfontein have a MASSIVE sale on all winter clothing.
Women's jackets and sweaters: R30.
Blouses: R20 (short and long).
Trousers: R20 (all sizes).
3 Breede Street, Stilfontein.
079 606 2084.

Address

Winkel 3, Denphill Gebou, Breede Street
Stilfontein
2551

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:30
Tuesday 09:00 - 16:30
Wednesday 09:00 - 16:30
Thursday 09:00 - 16:30
Friday 09:00 - 16:30
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27832502254

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Stilfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Stilfontein:

Shortcuts

Share