Breede Valley School of Skills

Breede Valley School of Skills Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Breede Valley School of Skills, Community Service, Slanghoek Road. Rawsonville, Rawsonville.

21/06/2026
13/06/2026

Once upon a time...
Of soos ons sal sΓͺ: Eendag, lank, lank gelede, was daar 'n groepie mense wat moeite, liefde, omgee en opwinding in 'n groot pot gegooi het. Met 'n knippie kreatiwiteit, 'n handvol spanwerk en hope entoesiasme het iets besonders begin vorm aanneem.
Daaruit is die begin van 'n sprokie gebore – 'n onvergeetlike avontuur vir ons Jaar 4-leerders. 'n Reis vol ontdekking, lag, leer en herinneringe wat nog lank nΓ‘ die laaste hoofstuk sal voortleef.
Welkom by die verhaal waar elke leerder die hoofkarakter is en waar die volgende bladsy wag om geskryf te word... βœ¨πŸ“–πŸ°

13/06/2026

Ons Jaar 4-leerders het gister hul uitnodigings vir die afskeid ontvang. Die glimlagte, opgewondenheid en vreugde op hul gesigte maak al die harde werk die moeite werd. Dit is ’n besondere mylpaal waarna hulle lank uitgesien het.

Ons prinsipaal, Mnr. Syce het die leerders ook toegespreek en hulle aangemoedig om hierdie spesiale geleentheid ten volle te geniet en die mooi herinneringe saam met hul maats te koester.

Video- en dekor-krediet: Juf. Azraa en Juf. Lauristene. πŸŽ“βœ¨

Our Year 4 learners received their farewell invitations yesterday. The smiles, excitement, and joy on their faces made all the hard work worthwhile. It is a special milestone that they have been looking forward to for a long time.

Our principal, Mr Syce also addressed the learners, encouraging them to enjoy this special occasion to the fullest and to cherish the wonderful memories they will create with their classmates.

Video and dΓ©cor credits: Ms Azraa and Ms Lauristene. πŸŽ“βœ¨

Boland Atletiek Landlope - Inter distrik byeenkoms in Stellenbosch.
30/05/2026

Boland Atletiek Landlope - Inter distrik byeenkoms in Stellenbosch.

Busvervoer vir Maandag, 25 Mei 2026Geagte Ouers/Voogde/Leerders.Ons situasie rakende ons busvervoer bly ongelukkig steed...
24/05/2026

Busvervoer vir Maandag, 25 Mei 2026

Geagte Ouers/Voogde/Leerders.

Ons situasie rakende ons busvervoer bly ongelukkig steeds onveranderd. Ons bid en vertrou dat ons more antwoorde en meer duidelikheid sal ontvang.

Intussen is ons reeds besig om aan β€˜n plan te werk om die verlore werk in te haal, veral met die oog op die opkomende Junie-eksamen. Wees asseblief verseker dat die eksamen slegs werk sal dek wat reeds met die leerders behandel is.

Die huidige situasie is nie maklik vir enige van ons nie, maar ons vertrou dat ons saam deur hierdie uitdagende tyd sal kom. Ons waardeer u geduld, ondersteuning en begrip opreg.

Baie dankie.

Badisa Noodkas Aflos
22/05/2026

Badisa Noodkas Aflos

πŸšΆβ€β™‚οΈπŸŒ§οΈ BADISA NOODKAS AFLOSSTAP πŸŒ§οΈπŸšΆβ€β™€οΈKom stap vanmiddag saam met ons ter ondersteuning van families in Rawsonville wat ...
22/05/2026

πŸšΆβ€β™‚οΈπŸŒ§οΈ BADISA NOODKAS AFLOSSTAP πŸŒ§οΈπŸšΆβ€β™€οΈ

Kom stap vanmiddag saam met ons ter ondersteuning van families in Rawsonville wat deur die storms geraak is.

πŸ‘£ Ons spannaam: β€œStampe en Stoote” - ons gaan dinge deur maar ons druk deur.

πŸ“Œ Bring saam:
β€’ R10 Inskrywingsfooi
β€’ ’n Pakkie stampmielies en bone (Ons aflos stokkie)

πŸ‘• Kleredrag:
Leerders moet hul skool sweetpakke aantrek.

πŸ•ž Tyd: 15:30 – 17:00
πŸ“ Plek: Voor die outehuis in Rawsonville

Kom wys saam dat ons omgee en mekaar ondersteun in moeilike tye. πŸ’™

Address

Slanghoek Road. Rawsonville
Rawsonville
6845

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Breede Valley School of Skills posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Breede Valley School of Skills:

Share