30/08/2026
π
SONDAG 13 SEPTEMBER β βN OPROEP TOT EENHEID πβοΈ
Vandag deel ons Sondag se program π
Hierdie Sondag gaan oor méér as net βn program. Dit is βn geleentheid waar ons as Kinders van die Here en as EEN gemeenskap bymekaar kom om Hom te loof, Sy Naam groot te maak en ons eenheid in Christus sigbaar uit te leef.
π JOHANNES 13:35
βHieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.β
Ons glo dat EENHEID die belangrikste fondament vir die herstel van ons dorp en ons land is.
Sonder βn groter mate van eenheid tussen gelowiges, kerke, besighede en inwoners kan ons nie volhoubaar daarin slaag om ons dorp te herstel en te red nie.
En daardie eenheid begin nie by iemand anders nie.
π DIT BEGIN BY MY EN JOU.
Dit is waarom die Priesterlike Funksie die 1ste Pilaar van Ignite & Revive se 4-Pilaar Volhoubaarheidsmodel is.
Ons as Kinders van die Here moet lei deur ons voorbeeld β deur ons liefde vir mekaar, ons diensbaarheid, ons gebed en ons bereidwilligheid om hande te vat en saam te werk.
Eenheid begin by ons. Verandering begin by ons.
Kom staan hierdie Sondag saam met ons β oor kerk-, kultuur- en gemeenskapsgrense heen β as Kinders van dieselfde Here, ons Here Jesus Christus. πβοΈ
π 09:00 β MC & Opening: Charl Marais
πΆ 09:15 β Dewald Gouws & Band: Lofprysing en Aanbidding
π 10:15 β Dewald Gouws: Boodskap
En moenie nΓ‘ die diens huis toe jaag nie! βπ°
Bly kuier saam, geniet koffie, tee en iets lekkers en ondersteun ons Tee Tuin, kosstalletjies en ander stalletjies. Die Fees eindig eers om 13:00!
π Sel Gemeente, Kroonstad
ποΈ GRATIS TOEGANG!
π₯ KIES β’ VERKLAAR β’ SKYN JOU LIG
DEEL β’ NOOI β’ BID β’ KOM!
π Red Siele. Red Dorpe. Red βn Land. βοΈπ₯
Dewald Gouws
www.igniteandrevive.co.za
Provided to YouTube by CDBabyBut God (feat. Loyiso Bala) Β· Dewald...