Ons Winkel Koster

Ons Winkel Koster Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met

gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

24/07/2026

Vir talle gesinne is die koste van studies onbekostigbaar. Tussen klasgelde, verblyf, boeke, vervoer en ander noodsaaklike uitgawes raak die droom om verder te studeer dikwels uitdagend om te bereik. Die Hier Sal Ek Boer Studiefonds help om hierdie las te verlig sodat finansiële druk nie in die pad van 'n student se toekoms staan nie.

Karlynka Stafford, fondsbestuurder by die Helpende Hand Studietrust, deel waardevolle insigte oor die Hier Sal Ek Boer Studiefonds en die verskil wat dit in die lewens van jong landboustudente maak.

Lees die artikel hier: https://maroelamedia.co.za/geldsake/hier-sal-ek-boer-verseker-die-toekoms-van-ons-landbouers/

24/07/2026

Het jy geweet:
1. Die woord "outisme" kom van die Griekse woord "autos", wat "self" beteken.
2. Die outistiese brein kan tot 42% meer inligting op 'n slag waarneem,
3. Die outistiese brein vorm meer verbindings tussen breinselle.
4. Outisme is nie 'n siekte nie. Dit is slegs 'n ander manier van d**k.
5. Outisme het geen effek op intelligensie nie.

Reinet Blignaut gesels oor outisme.

Luister gerus na die volledige gesprek hier: https://youtu.be/wWc0d_DKX4o

🧸 Gee jou ou speelgoed ’n nuwe avontuur! 🧸Het jou kinders dalk speelgoed wat nie meer gespeel word nie? Moenie dat dit s...
24/07/2026

🧸 Gee jou ou speelgoed ’n nuwe avontuur! 🧸

Het jou kinders dalk speelgoed wat nie meer gespeel word nie? Moenie dat dit stof vergader in die kas nie! Bring dit na Ons Winkel en help ons om weer ’n glimlag op ’n ander maatjie se gesig te sit.

Ons is op soek na:
✅ Poppe en sagte speelgoed
✅ Karretjies en treintjies
✅ Opvoedkundige speletjies en legkaarte
✅ Boeke wat nog mooi lyk
Skenkings kan gedurende winkelure afgelaai word. Kom ons maak saam ’n verskil in ons gemeenskap! 💙

💙🧡 ONS BENODIG JUL SKENKING 🧡💙Help ons om 'n verskil te maak in iemand se lewe. Ons is op soek na skenkings van:🛏️ Slaap...
24/07/2026

💙🧡 ONS BENODIG JUL SKENKING 🧡💙
Help ons om 'n verskil te maak in iemand se lewe. Ons is op soek na skenkings van:
🛏️ Slaapklere
🩴 Slippers
🧥 Jasse
🧶 Truie
🛌 Komberse
Nuwe of netjiese tweedehandse items is baie welkom. Jou skenking kan vir iemand warmte, troos en hoop bring gedurende die koue dae.
Geen skenking is te klein nie – elke bydrae maak 'n groot verskil. ❤️
📍 Aflaai by: Ons Winkel, Koster
5 Mill straat
Baie dankie aan elkeen wat saam met ons omgee en help om ons gemeenskap warmer en sterker te maak. 🙏💙🧡

Ons Winkel Koster  is Baie dankbaar Vir Elke skenking wat ons ontvang.As jy vandag nie kan skenk nie — help ons deur hie...
24/07/2026

Ons Winkel Koster is Baie dankbaar Vir Elke skenking wat ons ontvang.
As jy vandag nie kan skenk nie — help ons deur hierdie plasing te deel.
Dalk sit daar iemand op jou vriendelys wat presies het wat ons nodig het.
Saam bereik ons meer.

🙏Het jy klere, skoene, kombuisware of meubels wat net lê?
Gee dit ’n tweede kans.
Gee dit ’n nuwe huis.
Gee dit hoop.
Jou skenking help ons om:
✔ Werk te skep
✔ Gemeenskapsprojekte te ondersteun
✔ Studente en gesinne te help
Moenie dit bêre nie — maak ’n verskil daarmee. 🤍

28/06/2026
28/05/2026

Ons is opsoek na fairy lights .
Is daar iemand wat het wat hul nie meer gebruik nie asb.
Kan by 5 mill straat kom afgegee word.
Is vir n kinder project

21/05/2026
Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkels is soveel meer as net liefdadigheidswinkels; dit is enjins van hoop. Deur gebr...
21/05/2026

Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkels is soveel meer as net liefdadigheidswinkels; dit is enjins van hoop. Deur gebruikte goedere te skenk of te koop, gee jy daardie items 'n tweede lewe én finansier jy maatskaplike projekte wat mense help om selfversorgend te word.
​Skenk: Gee jou oortollige goedere 'n groter doel.
​Koop: Vind winskopies wat lewens verander.
​Help: Bou saam aan 'n netwerk van solidariteit en opheffing.

Waar jou skenking 'n toekoms koop
​Wanneer jy by Ons Winkel instap, koop of skenk jy nie net goedere nie – jy belê in jou gemeenskap.

Die opbrengs van elke item wat verkoop word, word deur Solidariteit Helpende Hand omskep in studielonings, maatskaplike hulp en projekte wat armoede help verlig en voorkom.
​Ons Winkels: Die krag van die gemeenskap, vir die gemeenskap.Skenk met jou hart, koop met 'n doel, help met jou hande."
​Hoekom dit werk: Dit skakel die kliënt/skenker se aksie direk aan die opheffingswerk van Helpende Hand. Jou rommel word iemand anders se rykdom, en die wins verander lewens.

Address

5 Mill Street
Koster
0348

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27824939222

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Koster posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share