Ons Winkel Humansdorp

Ons Winkel Humansdorp Met jou ongewensde items kan ons letterlik wonderwerke verrig! Die Ons Winkel skenkingswinkel dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur.

Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse asook gemeenskapshulp beskikbaar. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone

Dít realise

er deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

📍Hoofstraat 70📞0828214354
19/05/2026

📍Hoofstraat 70
📞0828214354

Die winter is hier. Ons het ',n groot behoefte aan warm klere.en komberse, asseblief. Sweetpak broekeBaadjiesTruie enige...
11/05/2026

Die winter is hier. Ons het ',n groot behoefte aan warm klere.en komberse, asseblief.

Sweetpak broeke
Baadjies
Truie enige iets wat warm maak, asb.

📍Hoofstraat 70

📞828214354

Goeie môre nuwe week nuwe uitdagings.Die winter is hier......Ons het 'n groot te kort aanWarm komberseBaadjies, kinders ...
28/04/2026

Goeie môre nuwe week nuwe uitdagings.

Die winter is hier......

Ons het 'n groot te kort aan

Warm komberse
Baadjies, kinders en volwassenes
Truie
Sweet pakke
Warm sokkies.

Skenk asseblief aan ons.

Baie dankie

0828214354
Juanita

08/04/2026
08/04/2026

Jy skenk.
Ons sorteer.
Iemand kry hoop.
Kyk hoe jou skenking ' n verskil maak....

📍Hoofstraat 70
📞0828214354
Juanita

03/04/2026
Easter is around the corner!Looking for something special for the Easter weekend? Visit Ons Winkel this week and discove...
31/03/2026

Easter is around the corner!

Looking for something special for the Easter weekend?

Visit Ons Winkel this week and discover affordable treasures for the whole family.

📍 Come and have a look — new items arrive regularly!


📍Ons Winkel Humansdorp
70 Main Street

📞0828214354 Juanita

Paasfees is om die draai!Op soek na iets spesiaals vir die Paasnaweek? Kom kuier hierdie week by Ons Winkel en ontdek be...
31/03/2026

Paasfees is om die draai!

Op soek na iets spesiaals vir die Paasnaweek?

Kom kuier hierdie week by Ons Winkel en ontdek bekostigbare skatte vir die hele gesin.

📍 Kom loer gerus — nuwe items arriveer gereeld!


📍Ons Winkel Humansdorp
Hoofstraat 70

📞0828214354 Juanita

👗🧥👛Find it.Love it.Take it home.That's thrifting at Ons Winkel HUMANSDORP.📍70 Main Street Humansdorp📞0828214354 Juanita
27/03/2026

👗🧥👛
Find it.

Love it.

Take it home.

That's thrifting at Ons Winkel HUMANSDORP.

📍70 Main Street Humansdorp
📞0828214354 Juanita

Address

68 Main Street
Humansdorp
6300

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:30
Tuesday 09:00 - 16:30
Wednesday 09:00 - 16:30
Thursday 09:00 - 16:30
Friday 09:00 - 16:30
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

082 821 4354

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Humansdorp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Humansdorp:

Share