Solidariteit Helpende Hand Platinum Streek

Solidariteit Helpende Hand Platinum Streek Helpende Hand is 'n gemeenskapsorganisasie wat fokus om Afrikaner-armoede te verlig, voorkom,verbreek

Winkel Woeker Woensdag - Ons Winkel Damdoryn!Speldekussings gemaak uit herwinbare materiaal!
03/09/2026

Winkel Woeker Woensdag - Ons Winkel Damdoryn!

Speldekussings gemaak uit herwinbare materiaal!

Daar is altyd iemand spesiaal agter die skerms wat goed laat glad loop! Wanda baie gelukkige sekretaressedag! Jy is 'n J...
02/09/2026

Daar is altyd iemand spesiaal agter die skerms wat goed laat glad loop! Wanda baie gelukkige sekretaressedag! Jy is 'n Juweel vir die Solidariteit Helpende Hand Platinum Streek!

Senior Sensasie Samekomste Brits!Elke tweede Dinsdag kom ons seniors in Brits bymekaar by die Dienssentrum in Brits vir ...
01/09/2026

Senior Sensasie Samekomste Brits!

Elke tweede Dinsdag kom ons seniors in Brits bymekaar by die Dienssentrum in Brits vir ’n oggend vol lag, kuier, leer en lekker saamwees!

Die Solidariteit Helpende Hand Brits Tak reël en koördineer die verskillende aktiwiteite, terwyl die Solidariteit Helpende Hand Platinum Streek, in samewerking met ons waardevolle borge, hierdie besondere inisiatief ondersteun.

Ons doel is eenvoudig: om aan ons senior burgers ’n gratis, veilige en lekker platform te bied waar hulle hulself kan uitleef, nuwe dinge kan leer, vriendskappe kan bou en – die belangrikste – kan lag en die lewe geniet!

Want ons glo dat die goue jare nie net ’n tyd is om terug te kyk nie, maar ook ’n tyd om saam nuwe herinneringe te maak.

Vandag was daar speletjies gespeel en natuurlik heerlike lyndanse gedoen!

Senior Sensasie Samekomste– waar elke glimlag ’n storie vertel en elke ontmoeting saak maak!

01/09/2026

Baie Dankie Laerskool Sanddrift!

Kom kuier saam!
31/08/2026

Kom kuier saam!

Brei-Bereik-Behoort Breidag in HartiesWat ’n besonderse dag vol wol, kreatiwiteit, gesprekke en gemeenskap!Baie dankie a...
30/08/2026

Brei-Bereik-Behoort Breidag in Harties

Wat ’n besonderse dag vol wol, kreatiwiteit, gesprekke en gemeenskap!

Baie dankie aan al die kranige breiers en hekelaars van Harties wat die dag saam met ons geniet het. Dankie aan elke persoon wat ons projekte ondersteun, breiware en wol skenk, en bereid is om met liefde te brei en hekel om ’n verskil in ons gemeenskap te maak.

Dankie ook aan almal wat deelgeneem het aan die waardevolle gesprekke en saam met ons droom oor maniere om ’n positiewe impak in ons gemeenskap te maak.

’n Spesiale dankie aan die Harties Hande-taklede wat kom ondersteun het en die dag saam met ons geniet het.

Ons stap weg met nuwe konneksies, waardevolle gesprekke en harte vol dankbaarheid.

Want wanneer ons hande besig is om te brei, is harte besig om te bereik, te verbind en te behoort.

Sara’n Gelowige VrouIemand het eenkeer gesê: "Agter elke uitmuntende man is daar 'n uitmuntende vrou." Hoewel ons nie al...
30/08/2026

Sara

’n Gelowige Vrou

Iemand het eenkeer gesê: "Agter elke uitmuntende man is daar 'n uitmuntende vrou." Hoewel ons nie alles van

Sara af weet wat ons graag sou wou nie, het die Skrif meer oor haar te sê as oor feitlik enige ander vrou. Haar man, Abraham, is die vader van die gelowiges, maar sy is ook 'n voorbeeld van geloof in God. Soos Abraham was sy ook uit die Galdeërs, na wie die Skrif verwys as " die wrede, woeste nasie" (Hab. 1:6). Die Galdeërs het later bekend geword as die Babiloniërs (die hedendaagse Irak). Sy is met Abraham getroud voordat die reis na Kanaän begin het (Gen. 11:31).

Hulle was nie Israeliete nie, want Israel (Jakob), hulle kleinseun, was nog nie gebore nie. Hulle was ook nie Jode nie; die naam sou kom van Juda, hulle agterkleinseun.

Nogtans het God hulle geroep en hulle het gehoorsaam, en deur hulle het Hy 'n nuwe volk tot stand gebring: die volk van God.

As ons hierdie week kyk na Sara se lewe, sien ons, nes by Abraham, 'n gebrekkige en onvolmaakte soeke na God, maar nogtans 'n geloof wat groot genoeg was om in Hebreërs 11 die "heldegalery" van die Ou Testament te haal.

En ons sal lesse leer uit haar lewe wat ons sal help in ons eie pogings om God te volg.

Die Solidariteit Helpende Hand Ons Plekke naskoolsentrums en kleuterskole skep ‘n veilige hawe vir ons kinders. Hier wor...
28/08/2026

Die Solidariteit Helpende Hand Ons Plekke naskoolsentrums en kleuterskole skep ‘n veilige hawe vir ons kinders. Hier word hulle opgevoed en ontwikkel.

Die -projek skep vir gemeenskappe die geleentheid om betrokke te raak, deur maandeliks donasies.

Een brood. Een kind. Een toekoms. Stuur ‘n “brood” huis toe.

Jou ondersteuning is broodnodig:

https://helpendehand.co.za/donasie-aan-ons-plekke-en-sentrums/donasie/

27/08/2026
Bergsig Tehuis vir Bejaardes word bederf met ’n “ramp” sodat al die inwoners, ook dié in rolstoele, die tuin kan geniet!...
27/08/2026

Bergsig Tehuis vir Bejaardes word bederf met ’n “ramp” sodat al die inwoners, ook dié in rolstoele, die tuin kan geniet!

Aan die begin van die jaar het een van ons taklede die 20-week Seniors in Aksie – Klets, Kuier en Kielie die Spiere-projek by Bergsig Tehuis aangebied. Tydens die projek het ’n belangrike behoefte na vore gekom: die bejaardes in rolstoele kon nie maklik en veilig toegang tot die tuin kry nie, omdat daar nie ’n veilige afrit was nie.

Gevolglik kon baie van die inwoners in rolstoele slegs op die stoep kom om die buitelug en sonskyn te geniet. Maar nou is daar ’n “ramp”, 'n eenvoudige geskenk wat 'n groot impak maak op die bejaardes se geestesgesondheid en onafhanklikheid. Twee groot uitdagings wat bejaardes elke dag in die gesig staar.

Danksy behoefte identifisering en befondsing vanuit die Harties Hande Takfondse én Solidariteit Helpende Hand Platinum Streek se streekfondse, aangevul deur waardevolle donasies en baie hardwerkende hande, kan die inwoners nou makliker en veiliger die tuin geniet.

’n Groot dankie aan Wessel, Juan en Master vir julle uitnemende werk, asook aan Tannie Connie en Janet vir al julle moeite met die relings.

Een behoefte raakgesien.
Een “ramp” gebou.
En nou ’n tuin vol sonskyn, vars lug en glimlagte!

Dít is gemeenskapswerk op sy mooiste!

Address

Hartbeespoort

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Platinum Streek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Solidariteit Helpende Hand Platinum Streek:

Shortcuts

Share