Met liefde en geduld sien ons elke dag deur met 'n glimlag op ons gesigte. Volgens inligting verkry uit die boek Hooyvlakte
" 'n Aantal vooraanstaande inwoners van Beaufort-Wes het hulle in 1950 vir die oprigting van 'n outehuis begin beywer omdat die behoefte aan so 'n inrigting besonder groot was. Die algemene mening was dat die ruim, sentraal geleë "groot pastorie" in Donkin straat daarvoor ve
rkry moes word. Die pastorie is sedertdien gesloop. Die saak het 'n paar jaar gesloer, totdat burgermeester J.N. Brummer, D.L de Villiers (van die plaas La-De-Da) en prokureur A.B Crawford die Stadsraad en Minister Eric Louw genader het vir ondersteuning. Laasgenoemde het daarin geslaag om die gewese Provinsiale algemene hospitaal in Hopsitaalheuwel te verkry. Die Provinsiale Administrasie het die gebou tesame met die elf morg waarop dit staan, vir die nominale bedrag van een sjieling verkoop aan die ouetehuis-maatskappy wat gestig sou word. 'n Lening van £4,500 vir die omskepping van die gebou is by die Nasional Behuisingskommisie verkry. Gedurende 1959 is die Hesperos-nutsmaatskappy gestig en geregistreer, met die volgende direkteure: Dennis Lilford de Villiers (voorsitter), dr. Johan Nikolaas Brummer, Marais Melius de Villiers, Hermanus Bejamin de Witt, Andre Bisschoff Crawford, Susan Maria Verster en Antionette Hamman. In 'n naamwedstryd is "Hesperos" (Grieks vir aandster) aan die hand gedoen deur W.P. Bachwitz. Die lening was skaars genoeg om die gebou om te skep. Met behulp van skekings en ander fondse wat geesdrifftig ingesamel is, kon al die nodige toerusting en meubels egter aangeskaf word, en op 30 April het die eerste oues van dae hulle intrek geneem. Die eerste inwoners was mnr. en mev. A.H Truter, wat sedertdien albei oorlede is. Die eerste matrone was mej. S.M. Ge**er. In November 1959 het E.H. Louw (destyds L.V) die tehuis in die teenwoordigheid van 'n groot skare amptelik geopen. Toe mej. Ge**er Beaufort-Wes aan die einde van Oktober 1962 verlaat het, het mev. M.E Foulkes haar opgevolg as matrone. Die huidige direksie bestaan uit H.B de Wit (voorsitter), mev. Rabie, mev.M.Schneider, J.D. Mlan en dr. A Rootman. Die sekretaresse is mej. Y. Harris en die tesourier is O.C. Nel. Hesperos beskik oor neëntien kamers, 'n rustige, pragtig uitgelegde terrein en 'n vermaaklikheidsklub wat Die Senior Klub genoem word. Die tehuis is altyd vol."