Ons Winkel Beaufort-Wes

Call Directions Website Contact the organization

Ons Winkel Beaufort-Wes Met jou ongewensde items kan ons letterlik wonderwerke verrig! Die Ons Winkel skenkingswinkel dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur.

Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse beskikbaar vir kinders in die gemeenskap. Thrift & Consignment Store

Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

05/11/2026

Kom kyk wat jy met ʼn R100 kan koop by Ons Winkel Beaufort-Wes! 💙

Ons het weer baie oulike boeke ingekry.Kom loer in by Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 226 10...
05/11/2026

Ons het weer baie oulike boeke ingekry.
Kom loer in by Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 226 1016.

Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 226 1016
03/11/2026

Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 226 1016

Ons het nog 'n skenking uitgepak. Baie dankie aan elke persoon wat 'n bydrae maak. Ons waardeer dit baie.Kom loer in by ...
03/11/2026

Ons het nog 'n skenking uitgepak. Baie dankie aan elke persoon wat 'n bydrae maak. Ons waardeer dit baie.
Kom loer in by Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 226 1016.

Ons het baie netjiese fietsry klere ingekry.Kom loer in by Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 2...
03/11/2026

Ons het baie netjiese fietsry klere ingekry.
Kom loer in by Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 226 1016.

Ons het pragtige klere ingekry en uitgepak. Kom loer in by Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 2...
02/11/2026

Ons het pragtige klere ingekry en uitgepak.
Kom loer in by Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 226 1016.

Ons sien uit na 'n geseënde maand vol wonderlike items.
01/11/2026

Ons sien uit na 'n geseënde maand vol wonderlike items.

Kom loer in by Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 226 1016. Ons wag vir julle almal met 'n vrie...
31/10/2026

Kom loer in by Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 226 1016.
Ons wag vir julle almal met 'n vriendelike glimlag en ons help graag.

Nuut uitgepak op ons rakke. Kom loer in by Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 226 1016.        ...
30/10/2026

Nuut uitgepak op ons rakke.
Kom loer in by Donkinstraat 112, langs Hungry Lion of kontak Cornel by 082 226 1016.

Address

Winkel No. 1, Sanlamgebou, Donkinstraat 112
Beaufort West
6970

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27822261016

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Beaufort-Wes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Beaufort-Wes:

Shortcuts

Share