25/10/2026
Vir almal wat vra hoe dit met Jorden gaan.
Jorden het drie bakterieë:
• Streptococcus salivarius
• Pseudomonas aeruginosa
• Neisseria subflava
Hy het ook brongopneumonie.
Omdat Jorden sistiese fibrose (Cystic Fibrosis) het, is hierdie infeksies baie ernstig vir hom. 💔 Hy moet vir 14 dae, drie keer per dag, binneaarse druppels (IV-drips) ontvang om die infeksies te behandel. Hy kry ook goeie fisio en dieet behandeling.
Dis nie lekker om te sien hoe hul Bloed toetse doen, pypies in sy neus af sit om slyme te kry ens maar hy is my groot champ en hanteer dit al so goed.
Dankie aan elkeen wat na hom vra, vir hom bid, kom kuier, bydrae gee en ons in hierdie moeilike tyd ondersteun. ❤️🙏