20/09/2026
Surina Schoeman is ’n Profetiese Evangelis, en die stigter van Anointed for All Nations Ministries , wat die afgelope vyf jaar vanuit die Strand in die Wes-Kaap bedien.
Surina se hart is vir die “verlore, seer en gebroke – mense wat deur trauma, verslawing, verwerping en die seer van die lewe vasgevang geraak het. Deur haar bediening is sy betrokke by evangelisasie werk, crusades, uitreike, berading en voedingsprojekte, met een doel voor oë, om mense te help om herstel te vind en weer hul identiteit en waarde in Jesus Christus te ontdek.
Haar eie testimony is ’n groot deel van haar roeping. Nadat sy as kind seksuele mishandeling ervaar het en later deur dwelms, rebellie en ’n ver van God af pad gegaan het, het sy in 2017 teruggekeer na die Here. Sy getuig vandag daarvan dat God ’n lewe wat gebreek was, kan herstel en ’n mens se grootste pyn kan verander in ’n plek van roeping.
Surina is ook ’n gewigsverliesafrigter en het self byna 50kg verloor. Deur haar platform Surina Schoeman - koffie, klets & Jesus bemoedig sy veral vroue om nie net fisies nie, maar ook emosioneel en geestelik sterker te word.
Wat haar dryf, is eenvoudig, liefde en deernis vir mense, om mense te sien soos Jesus hulle sien, en nie soos die wêreld nie.
Sy glo in God en dat ALLES moontlik is in Hom en deur Hom.
Skakel Maandag 21 September 2026 om 14:0 saam met my, Tessa Gaffley, in by Disa 95.9FM.