15/10/2026
HULP VIR GRACE BRONKHORST
Northern Light Foundation doen ’n beroep op ons gemeenskap om saam te staan en Grace Bronkhorst te ondersteun in ’n baie moeilike tyd.
Grace is met eierstokkanker (ovariële kanker) gediagnoseer en moet dringend ’n operasie ondergaan om ’n gewas te verwyder. Hierdie situasie bring groot mediese uitgawes mee, en sy benodig ons hulp.
Grace sorg vir ’n huishouding van vier mense en het ons ondersteuning nou meer as ooit nodig.
🙏 Ons vra jou hulp!
Northern Light Foundation help om fondse in te samel om Grace se mediese onkoste te help dek.
Elke bydrae, groot of klein, kan ’n verskil maak. As jy nie finansieel kan bydra nie, help ons asseblief deur hierdie plasing te deel en Grace in jou gebede te dra.
💳 BANKBESONDERHEDE VIR DONASIES
Rekeningnaam: Northern Light Foundation
Bank: First National Bank (FNB)
Rekeningtipe: Cheque
Rekeningnommer: 62901405763
Tak: Standerton
Takkode: 255355
Verwysing: Grace Bronkhorst
Kom ons wys vir Grace en haar gesin dat hulle nie alleen deur hierdie moeilike tyd hoef te gaan nie.
Saam kan ons hoop bring en ’n verskil maak.