Namakwa Civic Movement

Call Directions Website Contact the organization

Namakwa Civic Movement NCM endeavours to transform the communities in Namakwa by being pioneers in the management and organization of her wealth.

04/11/2026

Kom bring jou stem uit vandag vir NCM. Baie dankie aan elkeen wat sover uitgekom het om jou stem OP JOU BORS te kom maak.
3 Stem briewe = 3 NCM votes.

1st time Voters. Ons toekoms lyk mooi...

03/11/2026

Mense Eerste! Daar is niks wat jou meer nederig maak as om mense te dien nie. Kom wat wil, ons gee altyd ons beste.

SPECIAL VOTES – DAG 1 SUKSESVOL!Die eerste dag van spesiale stemme is suksesvol afgehandel!MAAR ONS MOET 'N ERNSTIGE WAA...
02/11/2026

SPECIAL VOTES – DAG 1 SUKSESVOL!

Die eerste dag van spesiale stemme is suksesvol afgehandel!

MAAR ONS MOET 'N ERNSTIGE WAARSKUWING RIG!

Ons ontvang kommerwekkende berigte van kiesersintimidasie, politieke inmenging en partye wat na bewering voor IEC-beamptes by kiesers opdaag om hul stemkeuses te beΓ―nvloed.

WAAR TREK ONS DIE GRENS?

Politieke mededinging gee niemand die reg om kiesers te intimideer, te manipuleer of hul demokratiese vryheid te ondermyn nie!

'n Verkiesing is nie 'n kompetisie oor wie die meeste druk op kiesers kan plaas nie. Dit is 'n demokratiese proses waarin elke burger die reg het om VRY, SONDER VREES EN SONDER DWANG te stem!

Ons versoek die IEC om alle aangemelde voorvalle dringend te ondersoek en waar nodig op te tree.

GEEN POLITIEKE AMBISIE IS BELANGRIKER AS 'N KIESER SE DEMOKRATIESE REG NIE!

Ons sal nie stilbly wanneer die integriteit van ons verkiesingsproses bevraagteken word nie.

FREE AND FAIR ELECTIONS IS NIE 'N GUNS NIE. DIT IS 'N DEMOKRATIESE REG!

RESPEKTEER DIE KIESER. BESKERM DIE STEM. HANDHAAF DIE DEMOKRASIE!

NCM OP JOU BORS!

Tharien Schoeman, 'n kollega en vriendin van Springbok oogkundiges en stigter van Caring4Sight NGO doen ongelooflike mer...
02/11/2026

Tharien Schoeman, 'n kollega en vriendin van Springbok oogkundiges en stigter van Caring4Sight NGO doen ongelooflike merkwaardige werk in en vir ons Namakwa mense. Katterak operasies is vir baie mense nie nou meer net 'n droom of 'naam op 'n waglys nie..Ons mense kan weer SIEN en voluit LEWE.

Dit is so inspirerend. Vat jou tyd, kyk die video, hou jou sakdoek naby..

Baie dankie vir alles wat jy doen. Ons waardeer jou!

What would you do if one patient changed everything?For Tharien S...

NAMAKWA, DIE OOMBLIK IS HIER!Aan elke NCM ondersteuner, kandidaat en vrywilliger...Die volgende drie dae gaan oor meer a...
01/11/2026

NAMAKWA, DIE OOMBLIK IS HIER!

Aan elke NCM ondersteuner, kandidaat en vrywilliger...

Die volgende drie dae gaan oor meer as net ’n verkiesing. Dit gaan oor ons mense, ons waardigheid, ons kinders, jeug en ouer mense se toekoms en die Namakwa waarvan ons droom!

Ons het nie hierdie pad begin omdat dit maklik of 'n kompetisie is nie, maar omdat ons glo dat Namakwa beter verdien!

Stap hierdie laaste myl met trots, moed en waardigheid. Bly getrou aan dit waarvoor ons staan. Laat ons optrede harder praat as ons woorde!

Wat ook al die uitslag, ons liefde vir Namakwa en ons verantwoordelikheid teenoor sy mense bly onveranderd.

VAN NAMAKWA. VIR NAMAKWA. DEUR NAMAKWA!

πŸ”₯ NCM OP JOU BORS!

WANNEER ONS SÊ POLITIEK IS β€œDIRTY”...Het ons al ooit gewonder wat ons eintlik daarmee sΓͺ?Dat politiek korrup is?Dat leie...
01/11/2026

WANNEER ONS SÊ POLITIEK IS β€œDIRTY”...

Het ons al ooit gewonder wat ons eintlik daarmee sΓͺ?

Dat politiek korrup is?
Dat leiers onbetroubaar is?
Of dat ons as gemeenskappe sΓ³ gewoond geraak het aan teleurstelling dat ons nie meer glo politiek kan iets goeds wees nie?

Maar hier lΓͺ die gevaar...

Wanneer ons politiek as vuil afskryf, begin ons ook afstand doen van ons verantwoordelikheid om dit skoon te hou.

Ons raak stil.
Ons raak onbetrokke.
Ons verloor hoop.
En uiteindelik laat ons die besluite oor ons toekoms aan ander oor.

Maar wat as ons politiek anders begin verstaan?

Nie as 'n stryd om mag nie, maar as 'n verantwoordelikheid teenoor mense.

Nie as 'n geleentheid om te ontvang nie, maar as 'n roeping om te dien.

Nie as iets wat net aan politici behoort nie, maar as iets waarin elke burger 'n verantwoordelikheid het.

DIE OPLOSSING?

Ons moet ophou om bloot beter politici te verwag en begin om beter politieke deelname te bou.

Gemeenskappe wat vrae vra.
Leiers wat rekenskap gee.
Burgers wat betrokke bly.
En mense wat beginsels bo persoonlike lojaliteit stel.

Want politiek verander nie bloot wanneer ons nuwe gesigte kry nie. Dit verander wanneer ons nuwe standaarde stel en almal daaraan hou.

DΓ­t is die uitdaging wat NCM ook aan homself moet stel.

Nie net om anders te praat nie.
Maar om anders te doen.

Want uiteindelik is die belangrikste vraag nie:

Is politiek vuil?

Maar eerder:

WAT DOEN ONS OM DIT TE VERANDER?

✊ NCM OP JOU BORS!

Van Namakwa. Vir Namakwa. Deur Namakwa.

❀️ MY HART SE WENS… VIR NAMAKWA!'n Namakwa waar ons almal saamstaan.Waar daar vir elkeen 'n geleentheid is.Waar niemand ...
31/10/2026

❀️ MY HART SE WENS… VIR NAMAKWA!

'n Namakwa waar ons almal saamstaan.
Waar daar vir elkeen 'n geleentheid is.
Waar niemand hoef te baklei net om te oorleef nie.

Waar ons saam werk.
Saam bou.
Saam baklei vir wat reg is.
En saam beskerm wat aan ons behoort.

'n Namakwa waar niemand agtergelaat word nie.
Waar elke mens 'n plek het.
Elke hand 'n taak.
Elke stem 'n waarde.
En elke droom 'n kans om waar te word.

Want elkeen van ons het 'n rol.
'n Verantwoordelikheid.
'n Doel.
'n Bydrae om te lewer.

Ons hoef nie dieselfde te dink om dieselfde toekoms te wil hΓͺ nie.
Ons hoef nie altyd saam te stem om saam te kan staan nie.

En dalk… net dalk…
is die grootste verandering waarvoor ons wag,
die een wat begin wanneer ons besluit
om mekaar se hande eerder as mekaar se kele vas te gryp.

Dit is my hart se wens.
Dit is die Namakwa waarin ek glo.
Dit is die Namakwa wat ons saam kan bou.

AS ONS WIL… KAN ONS! ❀️

NCM OP JOU BORS!

πŸ”₯ OOOOH MY MAMMA!!! HIER'S ’N ROERING IN SPRINGBOK! πŸ”₯β€œHier's ’n roering in Springbok!” sΓͺ ’n auntie met haar hand op haa...
29/10/2026

πŸ”₯ OOOOH MY MAMMA!!! HIER'S ’N ROERING IN SPRINGBOK! πŸ”₯

β€œHier's ’n roering in Springbok!” sΓͺ ’n auntie met haar hand op haar bors! πŸ˜‚

WYK 4 is SPRINGBOK, FONTEINTJIE EN CAROLUSBERG!

Die strate gons behoorlik! Die turquoise blou hemde is oral en die verkiesingskoors loop hoog!

WIE SAL DIT WEES? NCM!!! OP JOU BORS! πŸ’™

ONTMOET NIEL DIPPENAAR.. ONS β€œSTRENG NIEL”!

'n Gesinsman. 'n Besigheidsman. 'n Man wat sΓͺ hy wil sy mense dien. 'n Namakwalander! Hy sal ook 'n gedeelte van sy salaris terugploeg in NCM vir gemeenskapsontwikkeling..sjoe!!

Standvastig. Lojaal. Onwrikbaar. Hardwerkend. Gedissiplineerd.

Hulle noem hom nie verniet β€œSTRENG NIEL” nie! 😎

Vir Niel is NCM sy politieke tuiste, en gemeenskapsdiens en volhoubare projekte is die verantwoordelikheid wat hy wil aanvaar.

NCM IS VAN NAMAKWA, VIR NAMAKWA, DEUR NAMAKWA!

NCM OP JOU BORS!

πŸ”₯ PELLA! STEINKOPF! OSSE MENSE SIT WAKKER! πŸ”₯EN SO TREK NCM SE MENSE OOK DIE LYN!Van Pella se berge tot Steinkopf se vlak...
28/10/2026

πŸ”₯ PELLA! STEINKOPF! OSSE MENSE SIT WAKKER! πŸ”₯

EN SO TREK NCM SE MENSE OOK DIE LYN!

Van Pella se berge tot Steinkopf se vlaktes hier staan Namakwa se eie mense! Mense met hart, mense met moed en mense wat hul gemeenskappe ken!

PELLA SE KANDIDATE:
πŸ’™ Paula Simboya – Wyk 5
πŸ’™ Dina Diergaardt – Wyk 3

STEINKOPF SE KANDIDATE:
πŸ’™ Samantha Engelbrecht – Wyk 2
πŸ’™ Ellen Engelbrecht – Wyk 3

Namakwa is nie te koop nie!
Ons mense se stemme tel en maak saak!
Ons gemeenskappe verdien leiers wat hulle dien!

Ons trek die lyn teen politieke uitbuiting, verwaarlosing en leΓ« beloftes!

Want kyk net na hierdie mense! Die energie! Die trots! Die samehorigheid!

HIER'S MOS LEWE! HIER'S MOS HOOP! HIER'S MOS NAMAKWA!

Ons hoef nie toestemming te vra om ons eie toekoms te bou nie!

NAMAKWA BEPAAL SY EIE GRENSE EN BESKERM WAT AAN ONS BEHOORT!

OSSE MENSE SIT WAKKER!

NCM OP JOU BORS! ✊πŸ”₯

VAN NAMAKWA! VIR NAMAKWA! DEUR NAMAKWA!

Address

3 Koperberg Street
Springbok
8240

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Namakwa Civic Movement posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Namakwa Civic Movement:

Shortcuts

Share

Nearby non profit organizations