Ons Winkel Sinoville

Ons Winkel Sinoville Dit is MY Winkel, JOU Winkel, ONS Winkel. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Beskerm jouself.

Sluit aan by ons whatsapp groepie https://chat.whatsapp.com/FB94Lv6I5n90q8oCnHfiZS Skenk jou ongewensde items aan ons, jou item is 'n toekoms. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Per

sone met gestremdhede
• Ouer persone

Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Ons Winkel Sinoville herinner julle dat ons oop is vandag 15 Junie tot 17:00 En 16 Junie oop van 08:00 tot 13:00📌188 Zam...
15/06/2026

Ons Winkel Sinoville herinner julle dat ons oop is vandag 15 Junie tot 17:00

En 16 Junie oop van 08:00 tot 13:00

📌188 Zambesi Rylaan, Sinoville PRETORIA
📱082 774 9984

Kikker jou huis op met mooi meubels en MOOIER pryse😍📌188 Zambesi Rylaan, Sinoville PRETORIA 📱Yvette 082 774 9984
12/06/2026

Kikker jou huis op met mooi meubels en MOOIER pryse😍

📌188 Zambesi Rylaan, Sinoville PRETORIA
📱Yvette 082 774 9984

11/06/2026

Die Kosblikkie-projek sorg dat kleuters daagliks 'n voedsame bord kos ontvang. Die hooffokus van die projek is om behoeftige kleuterskole met voeding te ondersteun.

Dit is baie kleuters se enigste maaltyd vir die dag.

Deur by te dra tot voedsame kos vir behoeftige kleuters, dra ons bord vir bord by tot 'n hoopvoller samelewing.

Besoek https://helpendehand.co.za/kosblikkie-donasie/ en dra vandag nog by tot die Kosblikkie-projek.

Ons Winkel Sinoville het al jou winskopies en meer!📌188 Zambesi Rylaan, Sinoville PRETORIA 📱 082 774 9984
11/06/2026

Ons Winkel Sinoville het al jou winskopies en meer!

📌188 Zambesi Rylaan, Sinoville PRETORIA
📱 082 774 9984

11/06/2026
Moet nie dat die koue jou weg hou van jou gunsteling Ons Winkel nie! 📌188 Zambesi Rylaan, Sinoville PRETORIA 📱 082 774 9...
09/06/2026

Moet nie dat die koue jou weg hou van jou gunsteling Ons Winkel nie!

📌188 Zambesi Rylaan, Sinoville PRETORIA
📱 082 774 9984

Dankbare Donderdag🙏 Dankbaar vir elke skenking en koper🧡📌188 Zambesi Rylaan, Sinoville PRETORIA 📱082 774 9984
04/06/2026

Dankbare Donderdag🙏

Dankbaar vir elke skenking en koper🧡

📌188 Zambesi Rylaan, Sinoville PRETORIA
📱082 774 9984

01/06/2026
Kom kuier by Ons Winkel Sinoville ons het mooi en baie unieke voorraad😍📌188 Zambesi Rylaan, Sinoville PRETORIA 📱082 774 ...
30/05/2026

Kom kuier by Ons Winkel Sinoville ons het mooi en baie unieke voorraad😍

📌188 Zambesi Rylaan, Sinoville PRETORIA
📱082 774 9984

Address

188 Sefako Makgatho Drive
Sinoville
0129

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Sinoville posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Sinoville:

Share