Ons Winkel Schweizer-Reneke

Call Directions Website Contact the organization

Ons Winkel Schweizer-Reneke Ons Winkel - is Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkel. Ons verkoop hierdie items ten bate van gemeenskapsprojekte en maatskaplike hulp. Beskerm jouself.

Ons ontvang graag die volgende skenkings;
klerasie,linne,meubels,kombuisware, sporttoerusting, speelgoed ens. SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Kom besoek gerus Ons Winkel Schweizer-Reneke. In wat se ander  winkel sal jy elke dag iets nuuts kry en so groot verskei...
08/10/2026

Kom besoek gerus Ons Winkel Schweizer-Reneke. In wat se ander winkel sal jy elke dag iets nuuts kry en so groot verskeidenheid. By al Ons Winkels is daar elke dag iets nuuts op die rakke. Ons het ook baie brand name klere soos Jeep, Old khaki, boerboel en nog vele meer. Het ook Naartjie, Zara en cotton-on klere. Ons vroue klere spog met baie Miladys en Queenspark klere. Het selfs klere wat nog splinternuut is met hulle oorspronklike prys tag op. Kom loer gereeld in want elke dag is daar nuwe skatte. Om 'n Ons winkel te ondersteun deur te koop of te skenk help jy om baie studente se drome om te kan gaan studeer te bewaarheid. Aan elke koper en skenker se ons baie dankie. 🙏🧑‍🎓

07/10/2026
Nuwe vooraad uit gepak. Kom loer gerus in by Ons Winkel Schweizer-Reneke. Ons is elke Saterdag ook oop.
03/10/2026

Nuwe vooraad uit gepak. Kom loer gerus in by Ons Winkel Schweizer-Reneke. Ons is elke Saterdag ook oop.

30/09/2026

Het jy al gewonder hoe die Ons Winkels ontstaan het? 🛍️

Wat vandag ’n landwye groep thrift-winkels is, het ontstaan uit ’n eenvoudige idee: om mense se ongebruikte items ’n tweede kans te gee en dit terselfdertyd te gebruik om ’n groter verskil te maak.

Deur skenkings en aankope word elke Ons Winkel deel van ’n groter doel – om hoop te skep en gemeenskappe te versterk.

Van ’n eenvoudige skenking tot ’n winkel vol moontlikhede.

Dit is waar Ons Winkel begin het.

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Nuwe vooraad uit gepak. Kom kyk gerus by Ons Winkel Schweizer-Reneke reg langs MTN
28/09/2026

Nuwe vooraad uit gepak. Kom kyk gerus by Ons Winkel Schweizer-Reneke reg langs MTN

Ons is elke Saterdag oop tot 1 uur. Kom kyk gerus wat op ons rakke is.
26/09/2026

Ons is elke Saterdag oop tot 1 uur. Kom kyk gerus wat op ons rakke is.

Goeie môre Schweizer-RenekeBaie dankie vir elke skenker en koper wat die moontlik maak vir Ons Winkel Schweizer-Reneke s...
26/09/2026

Goeie môre Schweizer-Reneke
Baie dankie vir elke skenker en koper wat die moontlik maak vir Ons Winkel Schweizer-Reneke se bestaan.

Ons het 'n groot behoefte aan die volgende.
- Speelgoed
- Legkaarte en bordspeeletjies
- Linne
- Mans klere
- Kinder klere
- Baba klere en items

Enige iets wat ons kan verkoop is welkom. As jy nie kan kom aflaai sal ons die skenking gaan oplaai.

Kontak my gerus vir meer inligting of enige navrae.

Adri Walker
0722237869

Ons Winkel Schweizer-Reneke is more 24 September oop. Kom besoek ons gerus.
23/09/2026

Ons Winkel Schweizer-Reneke is more 24 September oop. Kom besoek ons gerus.

GOEIE NUUS!! Ons Winkel Schweizer-Reneke is nou 'n Courier Guy Point" Hoe werk dit?●Stuur of ontvang by Ons Winkel Schwe...
22/09/2026

GOEIE NUUS!!

Ons Winkel Schweizer-Reneke is nou 'n Courier Guy Point" Hoe werk dit?

●Stuur of ontvang by Ons Winkel Schweizer-Reneke

●Boek jou pakkie in op die "Courier Guy App" onder Courier Guy Point Ons Winkel Schweizer-Reneke

Kom loer vandag nog in vir jou pakkies én die beste tweedehandse winskoopies!

●NB!! Jy kan slegs X klein, klein of Medium groote pakkies stuur.

ONS WAG VIR JOU!!

☎️ Adri 0722237869

Moenie dat die reen jou weg hou nie. Kom besoek Ons Winkel Schweizer-Reneke vir baie mooi goedjies
18/09/2026

Moenie dat die reen jou weg hou nie. Kom besoek Ons Winkel Schweizer-Reneke vir baie mooi goedjies

Address

Olivier Straat 5
Schweizer-Reneke
2780

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27833085178

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Schweizer-Reneke posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Schweizer-Reneke:

Shortcuts

Share