NG Welsyn Schweizer-Reneke

NG Welsyn Schweizer-Reneke Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from NG Welsyn Schweizer-Reneke, Non-Governmental Organization (NGO), 21 Schweizer Street, Schweizer-Reneke.

Our main focus is to provide protection and support to vulnerable children and families through statutory services, prevention and early intervention services, therapeutic intervention, mediation services, group work and community work.

28/11/2025
28/11/2024

Take a stance against violence perpetrated against women and children. ✊🇿🇦

Wear a white ribbon proudly and help us raise awareness about the seriousness of GBV in South Africa by sharing a selfie and tagging us on social media.

Challenge another business to show their support in the comments.

28/11/2024

WIE? WAT? HOEKOM?
Hier beantwoord ons al 3 hierdie vrae rondom NG Welsyn.

Het jy dalk 'n vraag of iets waaroor jy nog altyd gewonder het rakende NG Welsyn?

Los gerus jou vraag in die kommentaar of stuur vir ons 'n inboks.

22/11/2024

‘n Man is gevra om ’n boot te verf. Hy het sy verf en kwaste saamgebring en die boot ‘n helder rooi begin verf soos die eienaar hom gevra het om te doen.
Terwyl hy verf, het hy opgemerk dat daar ‘n gaatjie in die boot was en dit herstel. Toe hy klaar geverf het, het hy sy geld gekry en vertrek.

Die volgende dag het die eienaar van die boot na die man gekom en hom 'n groot tjek aangebied, baie hoër as die betaling vir die boot se verf.

Die man was baie verbaas en het gesê ”Jy het my reeds vir die boot se verf betaal meneer!”

”Maar dit is nie vir die verfwerk nie. Dis omdat jy die gaatjie in die boot herstel het.” sê die eienaar.

“Ag! Maar dit was so ‘n klein werkie…dis verseker nie so ‘n bedrag werd vir so klein werkie nie!” antwoord die verwer.

”My liewe vriend, jy verstaan nie. Laat ek jou vertel wat gebeur het.”
Toe ek jou gevra het om die boot te verf, het ek vergeet om te noem van die gaatjie.

Toe die boot droog was, het my kinders die boot geneem om te gaan visvang.
Hulle het nie geweet dat daar ‘n gaatjie in die boot was nie. Ek was nie by die huis toe hulle die bootjie geneem het om te gaan visvang nie.

Toe ek terugkom en agterkom dat hulle die boot geneem het, was ek amper van my kop af, want ek het onthou van die gaatjie in die boot. Stel jou my verligting en vreugde voor toe hulle veilig van die visvangery af terugkom.

Hierna het ek die boot ondersoek en gevind dat jy die gaatjie herstel het! Sien jy nou, wat jy gedoen het? Jy het die lewe van my kinders gered! Ek het nie genoeg geld om jou vir jou ‘klein werkie’ te vergoed nie!

Maak nie saak wie, wanneer of hoe nie. Gaan net voort om te help, volhard, vee trane af, luister aandagtig en versigtig.
Ons as kinders van God het elke dag ‘n geleentheid om ‘lekplekke’ in ander mense wat oor ons pad stap, te herstel, maar ook met mekaar. Wie weet of JY nie dalk vandag die ‘verwer’ in God se hand is om die nood vir iemand anders makliker en ligter te maak nie.

Partykeer is dit net die afvee van ‘n traan, of die luister na iemand se storie. Om ‘gaatjies’ reg te maak is baie keer in die klein goedjies wat jy elke dag doen, en nie altyd in die groot goed nie. Kom ons wees sensitief vir mense en mekaar se ‘gaatjies’, en help om dit heel te maak waar ons kan.

Jy het dalk al talle ‘boot gaatjies’ van verskeie mense langs die pad reggemaak sonder om dit te weet. Wees vandag God se hande en voete in dit wat jy aanpak!

Address

21 Schweizer Street
Schweizer-Reneke
2780

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 13:00

Telephone

+27539631156

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Welsyn Schweizer-Reneke posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to NG Welsyn Schweizer-Reneke:

Share