15/09/2026
KWARTEEU VERJAARSDAGVIERING GROOT SUKSES
Om die G-om Projek se besonderse silwer mylpaal te vier, is daar onlangs ‘n groot partytjie gehou met ‘n rolbaldag. Ons gemeenskap het nie net saam verjaarsdag gevier nie, maar ook 25 jaar se hoop, liefde en toewyding.
Die b***e het gerol – vir sommiges die heel eerste keer, en ander het ‘n ernstiger en meer professionele aanslag gehad. Tog was dit nie oor wen of verloor nie, maar oor saamkuier en om fees te vier.
Die wins was ‘n fantastiese R60100 – ‘n bewys van wat moontlik is wanneer ‘n gemeenskap saamstaan vir ‘n groter doel. Die dag was afgesluit met ‘n groot verjaarsdagkoek wat met almal gedeel is - ‘n soet herinnnering aan ‘n kwarteeu se diens in ons gemeenskap.
“Baie dankie aan elke persoon, gesin, vriendekring, besigheid en borg wat gekies het om ons te ondersteun. Julle betrokkenheid, finansiële bydraes en ondersteuning maak ’n groot verskil,” deel die organisasie se voorsitter, Christel Herbst.
Vir 25 jaar is die G-om Projek ‘n veilige plek waar kinders liefde, sorg en geleenthede ontvang om te groei. Die projek ondersteun 30 kinders en werk daagliks om nie net hulle lewensomstandighede, maar ook die van hulle gesinne en gemeenskap positief te beinvloed. Elke bydrae help om hierdie goeie werk moontlik te maak.
Hierdie fondse sal, onder andere, gebruik word om kospakkies oor die lang Desembervakansie aan kinders en gesinne te gee – ’n geskenk van hoop wat verder strek as die speelgrond.
Wenners:
Blompotte, Moyo Engineering, Lawn Rangers, Pink Panthers.
Beste gees: Giftige Groblers.
Meeste moeite met spandrag: Jack Attackers.
Biltong hamper: Moeggerol.
Bok pryse: Bowling Stones en Lawn Rangers.
Vakansie: Tanja Jansen.
Borge:
Food Lovers Market, Greystone Pick ‘n Pay
Groot skenkings:
Topdog - R10 000, Vryburgers - R20 000
Pryse:
Yvonne van Rooyen, DistriFoods, Biltong Artistry, Aromaflex Clinic.
Pellie Grobler (wyn). Pink Panthers (blikkies kos).
Bokke - Nico Vlok en Stan Burger.
Dankie aan Christa Venter (groot koek), Liesl Vorster (kolwyntjies), Rustenburg Rolbalklub vir hul fasiliteit en Erika Stols wat die vakansie geborg het.
En sonder ons spelers en G-om Projek Vrywillers sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie!
Vir meer inligting oor die werk wat G-om Projek in die gemeenskap doen, kontak Marieta: 063 705 0304
Vir nog foto's, kliek gerus op hierdie skakel:
https://drive.google.com/drive/folders/1MVHVDXJQWGYc6eKA9VCD1AoNjTaEtFzL?usp=sharing