31/03/2026
Martin Bester gee op sy Jakaranda “breakfast show” mense die kans vir “shout out” aan geliefdes, vriende, kinders ens. Ek wil graag vandag my eie “shout out” doen. Dit gaan aan my personeel. Gister moes ek vir hulle vertel dat ek hulle nie hierdie maand kan betaal nie, maar ek sal probeer vir einde April. Ek sou verstaan as hulle verkies om te bedank. Nie een het bedank nie. Nie een was kwaad nie. Hulle keuse was om te bly, want “tannie Helen, wie gaan jou help om na die kinders te kyk”? Vanoggend was niemand laat nie. Bright, Angel,Aletta, Hilda, Mamma en Queen - hierdie “shout out” is vir julle. Met al my liefde❤️