20/06/2026
HELP HELP HELP 🚨🚨🛑🛑🛑🚨🚨🚨
Daar is daagliks honderde gevalle van geweld teen vroue en kinders. Party kinders word so erg mishandel en aangerand dat hulle nooit weer 'n "normale" kind sal kan wees nie. Vir party vrouens is daar nie NOG 'n môre nie. DIT MOET STOP!!!!
By Care 2b Kind bied ons 'n veilige tuiste aan slagoffers van hierdie geslagsgebaseerde geweld, mishandeling en trauma. In ons krisissentrum beskerm, versorg en ondersteun ons moeders en kinders terwyl hulle hul lewens weer opbou.
Ons help hierdie mammas en kinders al van 2021 af.... maar ons Sentrum is nou in gedrang..... Die huis moet deur die eienaar verkoop word.. en as ons hom nie self kan koop nie.. gaan ons die plek verloor.
Die plek wat al soveel lewens gered het.... Die plek wat 'n groot verskil in baie lewens gemaak het.... Die plek van hoop... van veiligheid... van omgee....
Ons benodig dringend fondse om die sentrum oop te hou en hierdie noodsaaklike diens voort te sit. ONS HET NET TYD TOT 1 SEPTEMBER 2026 OM DIE GELD BYMEKAAR TE MAAK .. 🥺
Ek weet ALMAL trek swaar en moet sente omdraai... maar die kleingeld in jou beurse kan 'n verskil maak. Elke bydrae is n treë nader aan die einddoel.
Die sukses lê in nommers... Hoe meer mense betrokke raak, hoe makliker bereik ons ons doel.
Asb asb asb help ons sodat daar minder mammas is wat in gevaar lewe, en minder kinders is wat verniel word asb. Ons kan nie 'n blinde oog gooi nie... hierdie is realiteit.. did werklik... dit gebeur elke dag onder ons neuse.
Saam kan ons hoop herstel, veiligheid bied en 'n beter toekoms vir kwesbare vroue en kinders skep. ❤️
Ons het n backabuddy gestig as u sou verkies om daar te skenk... of alternatiewelik gebruik ons 'n prokureur se rekening sodat die fondse beheer kan word, en ook sal ons die gelde terugbetaal indien ons nie genoeg geld ingesamel het om die huis te kan koop nie.
By voorbaat baie baie dankie.
Ps: Links is in die comments 🙏