11/10/2026
Kersfees is om die draai... en vir 100de kindertjies is dit n baie moeilike en hartseer tyd om deur te gaan. Ander maatjies praat met groot opwinding van hulle kersfees vakansies wat voorlΓͺ... al die kersgeskenkies wat mammas en oumas gaan koop.... en al die lekker kuier met familie en vriende.....
Hierdie kindertjies van die gesinne wat maandeliks hulp by ons ontvang vir n bietjie kos op die tafel... Ken nie dit nie. Kersfees is slegs n sprokie in hulle gedagtes. En ja ek weet Kersfees gaan nie oor geskenke nie... maar vir my gaan Kersfees oor liefde en omgee vir mekaar... en om Jesus se liefde te ervaar.
Ons was geseend om vir die laaste 13 jaar honderder kindertjies se Kersfees te kon spesiaal maak. Asb asb asb help ons om dit hierdie jaar weer dit te kan doen vir 265 kindertjjes. Ons kan nie dit sonder julle hulp doen nie.
Daar is 3 maniere hoe u kan help...
1. Borg n item op die lys
2. Koop of borg n geskenk, if
3. Borg n kind se eetgoedjies vir die dag.
Kontak my asb vir enige verdere navrae... en byvoorbaat baie baie dankie vir julle liefde en omgee.
Enige donasies sal opreg waardeer word. π
Riana
082 061 8458
Care 2b Kind
Absa Cheque Rek
Nr: 9309 832 892
Takkode: 632-005