15/06/2026
Een van Loaves and Fishes se direkteure, Le Roux Schoeman het deelgeneem aan die Comrades Marathon die afgelope naweek. ๐๐ผโโ๏ธ๐
Le Roux deel: "Ek het gister my tweede Comrades klaar gemaak. Dit was 'n uitmergelende ervaring, maar het my so baie geleer van die goodwill van mense - duisende langs die pad van Durban tot by Pietermaritzburg. Dis 'n wedloop wat baie mense doen juis omdat hulle nie 100% seker is hulle kรกn dit doen nie. So dit toets jou. So was dit ook vir my. Ek is baie dankbaar vir almal wat my ondersteun het, my familie en vriende wat saam met my bly is. As jy langafstande geniet, stel vir jouself die doelwit."
Baie geluk Le Roux, dit wil gedoen wees! ๐๐ผ