15/06/2026
Kolskoot Spesialisasie – Hiënas
Die Hiënas het die Kolskoot spesialisasie behoorlik geniet!
Elke kind het die geleentheid gehad om met windbukse, .22’s, pistole en haelgewere te skiet.
Hier het ons nie net teikens getref nie, dit was ook ’n kans vir baie van hulle om hul vrese te oorwin en te besef hoe trots hulle op hulself is. Die blink oë en groot glimlagte het alles vertel, hulle was trots!
’n Groot dankie aan van die pa’s in ons span en 'n offisier wat dit alles moontlik gemaak het. Al die patrone is geskenk, wat beteken het die kinders kon lekker baie rondtes skiet en regtig oefen.
Wat ’n ongelooflike belewenis vir elkeen!