13/10/2026
CQ HOU KOERS! | 95 JAAR OOR DIE LUG
Op 17 Oktober 2026 is Die Voortrekkers weer op die lug – en dié keer gaan ons nie net luister nie… ons gaan ook ’n beeld deur middel van radiogolwe ontvang!
🗓️ Datum: 17 Oktober 2026
⏰ Tyd: 09:00–12:00 (SAST)
📻 Frekwensies: 7.063–7.100 / 7.130–7.200 MHz
🔵 10:00 | Hoofleier se boodskap
Luister op 7.095 MHz.
🔴 10:15–10:30 | SSTV-UITSENDING
Die Voortrekkers se 95-jaar-logo word as ’n beeld per radio op 7.180 MHz uitgesaai – in SCOTTIE1-modus. Die beeld sal met tussenposes van ongeveer twee minute uitgesaai word.
VERKENNERS – BRING JULLE SELFONE!
Laai vooraf die Robot36-app vanaf die Play Store af. Julle uitdaging is om die radiosein met julle fone op te vang, dit te dekodeer en te kyk hoe die 95-jaar-logo op julle skerms verskyn.
Het julle die beeld suksesvol ontvang?
Deel dit op Facebook! Ons wil graag sien watter kommando’s regoor die land die 95-jaar-beeld kon ontvang.
📡 ZS95VTS
Indien enige kommando, oord of gebied Die Voortrekkers se spesiale 95-jaar-radioroepsein, ZS95VTS, op dié dag wil gebruik, kontak asseblief vir Gerhard.
📧 Navrae: Gerhard ZS6CRS – [email protected]
95 jaar later hou ons steeds koers – selfs oor die radiogolwe!
Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]