Die Voortrekkers - Weltevrede

Die Voortrekkers - Weltevrede Die blad is vir alle lede van Weltevrede Voortrekkers. Ons sal gedurende die jaar inligting hier deel

20/08/2026

Vandag vier ons met groot dankbaarheid die lewe van ons Hoofleier, Karin Stoffberg.

Karin, dankie vir jou onwrikbare toewyding, jou inspirerende leierskap en die liefde waarmee jy Die Voortrekkers dien. Jy lei met wysheid, integriteit en ’n hart wat opreg omgee vir elke Voortrekker en offisier. Jou visie en geloof in ons beweging maak ’n verskil wat veel verder strek as vandag.

Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou oorloop van God se seën, goeie gesondheid, vreugde en nuwe krag vir elke uitdaging en geleentheid wat voorlê.

Baie dankie vir alles wat jy vir Die Voortrekkers beteken.

20/08/2026

Waag. Leer. Ontdek.

Hoe gereeld kry ’n mens die geleentheid om ’n indrukwekkende luislang van so naby te ervaar?

Vir Die Voortrekkers gaan dit oor die moed om nuwe dinge aan te pak, die natuur met respek te ontdek en herinneringe te skep wat ’n leeftyd hou.

Kom beleef die avontuur saam met ons!
Word deel van Die Voortrekkers en ontdek hoe lekker leer kan wees.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]



20/08/2026

OP PAD KAMP TOE! Maar waaroor voel jy die mees opgewonde?

Kom ons hoor by julle: 👇

* Is dit die eerste asemteug van vars kampnatuur?
* Die eerste kampvuur?
* Die avonture en uitdagings wat wag?
* Die lag saam met jou maats?
* Om jou tent op te slaan en jou kamp reg te kry?
* Die aande onder die sterre?
* Of dalk daardie gevoel van: “Hier gaan iets gebeur wat ek nooit sal vergeet nie!”

Jonk of oud — ons wil jou antwoord hoor!

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]



29/07/2026

Music video by Adam Tas, Liezel Pieters performing Rotsvas.© 2026 Adam Tas Musiek, Distributed by Universal Music (Pty) Ltd

29/07/2026

By Die Voortrekkers leer ons nie net uit boeke nie – ons leer deur te ontdek.

Nuuskierigheid is die begin van kennis. Daarom kry Voortrekkers die geleentheid om die wêreld om hulle met al hul sintuie te ervaar.

Soms beteken dit om voëlgeluide te leer herken.
Soms om plante en diere van nader te bestudeer.
En soms selfs om aan diere se mis te ruik!

Elke spoor, elke plant en elke dier vertel ’n verhaal oor die wonder van die skepping en die belangrikheid daarvan om ons natuurlike erfenis te bewaar.

Die Voortrekkers kweek ’n liefde vir die natuur, ’n gees van ontdekking en ’n verantwoordelikheid om ons kosbare omgewing te beskerm.

Die beste lesse is dikwels dié wat jy self beleef.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]



Wat beteken dit om ’n Presidentsverkenner te wees?​Om ’n Voortrekker te wees, gaan oor soveel meer as kampe, kentekens e...
29/07/2026

Wat beteken dit om ’n Presidentsverkenner te wees?
​Om ’n Voortrekker te wees, gaan oor soveel meer as kampe, kentekens en aktiwiteite. Dit gaan oor karakter. Dit gaan oor diensbaarheid, deursettingsvermoë, geloof en die bereidwilligheid om ander eerste te stel. Dit gaan daaroor om as ’n ligdraer in die wêreld te leef – selfs wanneer niemand kyk nie.
​Hierdie vakansie het Kaylee Meyer, Jana Novella, Amy Erasmus en Talitha Jordaan, ons Graad 12 Verkenners, die Noordelike Presidentsverkennerkamp (PV-kamp) by Hartbeesfontein bygewoon. Hierdie kamp is die hoogtepunt van jare se harde werk, toewyding en groei – ’n prestasie waarop hulle met reg trots kan wees.
​Dankie vir die voorbeeld wat julle vir ons jonger Voortrekkers stel. Dankie vir die pad wat julle saam met Weltevrede Kommando gestap het, vir die herinneringe wat julle help bou het en vir die verskil wat julle reeds gemaak het.
​Ons wens julle alle sterkte toe vir die res van julle Graad 12-jaar. Mag julle elke uitdaging met dieselfde moed en deursettingsvermoë aanpak wat julle as Voortrekkers geleer het.
​Ons sien met opgewondenheid uit na wat die toekoms vir julle inhou, en hoop om julle volgende jaar as volwasse lede weer by Weltevrede te verwelkom. Julle Voortrekkerreis eindig nie hier nie – dit begin net ’n nuwe hoofstuk.
​💙 Eenmaal ’n Voortrekker, altyd ’n Voortrekker.

27/07/2026
27/07/2026

Die skoolklok lui weer.

Skooltasse is gepak en die vakansie is iets van die verlede. Maar vir honderde Voortrekkers begin hierdie kwartaal met iets ekstra: herinneringe wat hulle vir ’n leeftyd sal saamneem.

Die afgelope vakansie het kampe regoor die land nuwe vriendskappe gebou, leiers laat groei en onvergeetlike ervarings geskep. Vir ons Presidentsverkenners was die PV-kampe nóg ’n tree nader aan volwassenheid, verantwoordelikheid en diens.

Die grootste lesse word nie altyd in ’n klaskamer geleer nie. Soms word dit op ’n bergpad ontdek, of langs in getroue vriend wat saam met jou 'n uitdaging moet oorkom.

Mag elke Voortrekker hierdie kwartaal met dieselfde moed, deursettingsvermoë en entoesiasme aanpak as waarmee hulle die vakansie se avonture aangepak het.

Hou aan groei. Hou aan leer. Hou aan leef waarvoor jy staan.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]




15/07/2026

NASIONALE STAATMAKERSAAMTREK 2026

’n Onvergeetlike Voortrekker-avontuur wag op jou!

📍 Wemmershoek Kampterrein, Stellenbosch
📅 6–12 Desember 2026

Beleef ’n week propvol avontuur, nuwe vriendskappe en ervarings wat jy nooit sal vergeet nie. Verken die pragtige Kaap, geniet die strand, kuier om die kampvuur en ontmoet Voortrekkers van regoor Suid-Afrika.

Merk die datum nou in jou kalender – ons sien jou daar!

Skryf in vir die saamtrek:
https://www.skryfin.voortrekkers.co.za

Vir meer inligting:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧[email protected]

15/07/2026

Het jy al ooit gewonder hoe goed jou mik nog is? Kom toets dit by die vrystaat_kunstefees!

Van 7–11 Julie 2026 gee Die Voortrekkers vir jonk en oud die kans om weer daardie kinderdae-pret te beleef – natuurlik op ’n verantwoordelike en veilige manier. 😄

By Die Voortrekkers skiet ons kettie vir die pret daarvan, vir die ontwikkeling van vaardighede en vir gesonde kompetisie.

Kom kuier by ons stalletjie en:
Toets jou mikvernuf
Wen dalk ’n lekker prysie
Ontmoet Die Voortrekkers van vandag
Kry ’n kykie na die GROOTSTE kettie wat jy waarskynlik nog ooit gesien het! (Net een waarskuwing… bly liefs uit sy visier! 😜)

Ons sien jou by die Vrystaatse Kunstefees!

Address

Weltevreden Park
Roodepoort
1709

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Voortrekkers - Weltevrede posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Die Voortrekkers - Weltevrede:

Shortcuts

Share