Bloemhof Dorp en Dam - Bloemhof Town and Dam

Bloemhof Dorp en Dam - Bloemhof Town and Dam ‘n Positiewe Ruimte om die omgewing van Bloemhof te geniet/A Positive space to enjoy the environment.

As jy dalk vêr Bloemhof bly, terwyl jou geliefdes hier rus, ondersteun gerus hierdie diens wat ns begrafplaas netjies ho...
16/06/2026

As jy dalk vêr Bloemhof bly, terwyl jou geliefdes hier rus, ondersteun gerus hierdie diens wat ns begrafplaas netjies hou!

15/06/2026

🌾 Inspirasie al die pad van Zastron! 🌾

Kyk net wat gebeur wanneer ’n plattelandse gemeenskap saamstaan! Die mense van Zastron wys vir ons almal hoe dit gedoen word — deur doelbewus hul plaaslike besighede te ondersteun en so hul dorp lewendig en besig te hou.

Dit is presies die gees wat ons ook in Bloemhof wil aanwakker. Ons het pragtige plaaslike besighede reg hier voor ons deur — mense wat hard werk, drome najaag en ons gemeenskap bou. Die minste wat ons kan doen, is om eerste by hulle te koop.

Elke plaaslike aankoop is ’n stem vir ’n sterker platteland. 💪

https://www.facebook.com/share/v/1ShYVMg4sQ/?mibextid=wwXIfr

👉Saam hou ons die platteland lewendig! 🇿🇦

08/06/2026

𝐌𝐚𝐭𝐫𝐢𝐞𝐤𝐬 𝐯𝐚𝐧 𝟏𝟗𝟕𝟔

Dit is tyd vir ’n GROOT 50 jaar-reünie van Hoërskool AJ Koen, Bloemhof!

Datum: 25 September 2026
Plek: Bloemhof

Hoërskool AJ Koen Matrieks van 1976 – 50 Jaar Reünie

Ons is op soek na die volgende oudskoliere en wil graag met almal in verbinding tree:

* Dirk de Beer (Hoofseun)
* Rineth du Preez (Hoofdogter)
* Liana Lewis
* Sanette Strauss
* Sanet Stoltz
* Ria Matthee
* Lettie van Niekerk
* Carina Hanekom
* Ronel Bester
* Sarah Terblanche
* Magdeleen van Zyl
* Estelle van Tonder
* Petro Nieuwoudt
* Hester Lambrechts
* Hendriena Pretorius
* Cerina Woodman
* Martie Brits
* Johan Marx
* Dawie Bezuidenhout
* Dries Wiese
* Joppie Nieuwoudt (oorlede)
* Hansie du Plooy
* Fanie Jacobs
* Attie Saunders (oorlede)
* Attie Victor
* Johan van Eck
* Paul Posthumus
* Klasie Botha
* Johan van Niekerk

Ken jy enige van hierdie oudskoliere of is jy self deel van die klas van 1976? Kontak ons gerus by 079 496 4619.

“Vyftig jaar later bly die herinneringe en vriendskappe steeds deel van ons verhaal.” 🌟

Kontak: 0794964619 - Magdaleen

28/05/2026

Daar is ’n spesiale bekoring vroeg op ’n winteroggend in die platteland.❄️☀️☕️ @

Bloemhofdam se brug vertel ‘n spesiale storie op ‘n spesiale dag… San-Marie Kotze Photography
28/05/2026

Bloemhofdam se brug vertel ‘n spesiale storie op ‘n spesiale dag… San-Marie Kotze Photography

22/05/2026

🎉 Bloemhof Dorp en Dam wil vir Rene Wentzel van harte geluk wens met haar verjaarsdag! 🎉

Sy is nie net ’n Middelman Meester nie… sy is ons Hoofstraat-Meester! 🌸🌿

Dankie vir die duisende Bloemhof-lewens wat jy aangeraak het gedurende jou jare as kleuterskoolhoof. Dankie vir die inspirasie, die voorvat, die passie en die meesterbrein wat jy is agter ons pragtige Hoofstraat se middelmanne.

Jou liefde vir die mense van ons dorp, jou kreatiwiteit en jou toewyding maak ’n verskil wat ver verder strek as wat woorde kan beskryf.

Mag jy vandag behoorlik bederf word, omring wees deur liefde en vreugde, en hierdie nuwe lewensjaar oorloop van goedheid, guns en seëninge.

✨ Wees bederf.
✨ Wees geseënd.
✨ Wees gevier.

Gelukkige verjaarsdag, Renè! 🌷🎂💛

— Bloemhof Dorp en Dam 🌾💎🌸 French Linen Guesthouse, Bloemhof
Linen Guesthouse, Bloemhof
,

George Galloway is beskikbaar in Bloemhof om bome af te kap of algemene tuinwerk te doen. As jy hom wil help kontak hom ...
05/05/2026

George Galloway is beskikbaar in Bloemhof om bome af te kap of algemene tuinwerk te doen. As jy hom wil help kontak hom by 079 932 7800.

Address

Bloemhof Wandelpark, Https://maps. App. Goo. Gl/Q3ARzbbhP4jvyFfq 5
Bloemhof

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bloemhof Dorp en Dam - Bloemhof Town and Dam posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share