Ons Winkel Zastron

Ons Winkel Zastron Deel dit wat jy te veel het of nie meer gebruik nie, en maak so 'n verskil in jou gemeenskap! Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad.

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se ge

meenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand
bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Iets baie spesiaal op ons rak! Kom kyk gerus.
25/08/2026

Iets baie spesiaal op ons rak! Kom kyk gerus.

Welstand deur Werksyn  Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026Soms vertel ’n enkele foto ’n hele verhaal…’n Klein liggie...
23/08/2026

Welstand deur Werksyn
Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026
Soms vertel ’n enkele foto ’n hele verhaal…
’n Klein liggie in ’n oop hand.
’n kongres waar Psalms uit honderde harte en monde opstyg.

“U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.” – Psalm 119:105

Wat ’n besondere voorreg om deel te kon wees van die Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026 – Welstand deur Werksyn.

’n Psalm-singende kongres waar ons weer herinner is waar ons ware hoop en rigting lê.
Ons leef in ’n tyd waarin daar baie onsekerheid is.
Ons wonder oor môre,
oor ons gemeenskappe,
ons kinders,
ons werk en
ons land.
Maar ons hoef nie die hele pad vooruit te kan sien nie.
Die Here gee genoeg lig vir die volgende tree.

GOD IS GETROU, VERTROU HOM.

Werk met dit wat Hy in jou hand geplaas het.
Dien waar Hy jou geplant het.
Bou waar ander moed verloor.
En hou aan om die lig te dra.

Want wanneer elkeen sy klein liggie laat skyn,
is die donker skielik nie meer so donker nie.
aan God alleen die eer.
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging Solidariteit Helpende Hand Vrystaat Streek
Magda Du Plessis
Ons Winkel - Helpende Hand
ONS HOTEL

18/08/2026
Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simb...
31/07/2026

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simbool van groei, dankbaarheid en genade.

By Ons Winkel Zastron glo ons dat dankbaarheid die mooiste uitdrukking vind wanneer dit met ander gedeel word. Daarom het ons vandag die geleentheid aangegryp om 'n blik uit Ons Winkel vol lekker koekies te maak en vir die dames in Huis Vergesig te vat wat hul teetyd saam kan geniet!
Mag die koekies soet wees en hul 'n ekstra huppel in die stap gee!

127 Ons Winkels = 127 Dade van Hoop
As deel van die 2026 se Dade van Hoop.

Hier is Ons Winkel Zastron se Daad van Hoop.

As die handskoen jou pas, trek hom aan,maar onthou, 'n handskoen is gemaak om te dien, te beskerm en warmte te gee. Laat...
22/07/2026

As die handskoen jou pas,
trek hom aan,
maar onthou,
'n handskoen is gemaak om te dien,
te beskerm en
warmte te gee.
Laat jou hande só wees:
hande wat opbou,
help,
troos en
seën.

Kraletjies met Karakter te koop by Ons Winkel Zastron Voeg 'n tikkie kleur en kreatiwiteit by jou dag! Die pragtige kral...
18/07/2026

Kraletjies met Karakter te koop by Ons Winkel Zastron

Voeg 'n tikkie kleur en
kreatiwiteit by jou dag!

Die pragtige kraletjies is perfek vir juweliersware,
handwerk of
enige kreatiewe projek.

Kom kies jou gunsteling kleur
en skep iets besonders.

Slegs R15 per string.

Dit is Winter en tyd vir brei!Wol op ons rak!
18/07/2026

Dit is Winter en tyd vir brei!
Wol op ons rak!

23/05/2026

Address

Ons Hotel, 22 Hoofdstraat
Zastron
9950

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27823213236

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Zastron posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Zastron:

Shortcuts

Share