Solidariteit Helpende Hand Witbank

Solidariteit Helpende Hand Witbank 2016 Eerste Ons Skenkingswinkel in Mpumalanga geopen
2017 Eerste Ons Spreekkamer kliniek in RSA geop Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang.

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenhei

d van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

01/06/2026

In Suid-Afrika is Kinderbeskermingsweek jaarliks die laaste week van Mei en die eerste week van Junie. Dit is 'n belangrike geleentheid wat daarop gemik is om bewustheid te skep van kinders se regte en die noodsaaklikheid om hulle teen mishandeling en verwaarlosing te beskerm.



Solidariteit Helpende Hand speel 'n rol van onskatbare waarde om kinders in die gemeenskap te beskerm. Ons doen dit met behulp van maatskaplike werkers, streeksorganiseerders, vrywilligers, die Solidariteit Helpende Hand Ons Plekke, die Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum en praktiese projekte soos: HelpHetta, Skooltassie, Kosblikkie en Brugfonds: Bemagtig ‘n Kind.



Kom en maak ń draai vandag by Route 555 ! 🥳Heerlike pannekoek en kerrie en rys vandag te koop🍛🥞
02/05/2026

Kom en maak ń draai vandag by Route 555 ! 🥳

Heerlike pannekoek en kerrie en rys vandag te koop🍛🥞

🥣🥞 SOP & PANNEKOEK BY ONS WINKEL WITBANK! 🥞🥣Kom kuier saam op Saterdag 31 Mei 2025 by ONS WINKEL Witbank (reg agter Frui...
26/05/2025

🥣🥞 SOP & PANNEKOEK BY ONS WINKEL WITBANK! 🥞🥣

Kom kuier saam op Saterdag 31 Mei 2025 by ONS WINKEL Witbank (reg agter Fruit & Veg) en geniet heerlike vars sop en pannekoek – teen slegs R5 elk!

🧡 GRATIS SOP OF PANNEKOEK indien jy meer as R100 spandeer in die winkel!

🎓 Jou ondersteuning maak ‘n verskil in ‘n student se toekoms – dankie dat jy deel is van die verandering!

Ons Winkel Witbank
🌐 www.helpendehand.co.za

Address

Witbank

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Witbank posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share