Boland Landbou Ondersteuners Bond

Boland Landbou Ondersteuners Bond BOLAND LANDBOU ONDERSTEUNERSBOND (BLOB) is 'n organisasie vir alle ondersteuners van die skool.

19/06/2026
Baie geluk aan Boland Landbou se oudstudent, Carl Wessels (Matriek 1996)! ☕🌍Carl is mede-stigter van Deluxe Coffeeworks,...
19/06/2026

Baie geluk aan Boland Landbou se oudstudent, Carl Wessels (Matriek 1996)! ☕🌍

Carl is mede-stigter van Deluxe Coffeeworks, wat onlangs deur die internasionale tydskrif Monocle as nommer 6 op hul lys van die 25 beste koffiewinkels ter wêreld aangewys is.

Die publikasie beklemtoon hoe Deluxe Coffeeworks van ’n roosterhuis in Kaapstad gegroei het tot ’n bekende handelsmerk met winkels in Kaapstad en Stellenbosch, asook ’n roosterhuis in Namibië.

Dit is wonderlik om te sien hoe ’n Boland Landbou-oudstudent internasionale erkenning ontvang en Suid-Afrika se naam hoog hou.

Boland Landbou is trots op jou prestasie, Carl! 👏

https://monocle.com/business/best-coffee-shops-in-the-world/

Oudleerders en huidige leerder blink uit by Nasionale Rubber Duck-kampioenskappeBaie geluk aan Die Boland Landbouers wat...
17/06/2026

Oudleerders en huidige leerder blink uit by Nasionale Rubber Duck-kampioenskappe

Baie geluk aan Die Boland Landbouers wat van 12 tot 14 Junie aan die Nasionale Rubber Duck-kampioenskappe by die Hartbeespoortdam deelgeneem het.

Dit is besonder trotswekkend dat JW van Zyl (Graad 10) saam met oudleerders van die skool, Dreyer van Niekerk (matriek 1992), JP Hamman (matriek 2020) en Stephan v d Merwe (matriek 2024) aan die kampioenskappe deelgeneem het.

Uitslae:

Pro Stock – Circuit:
JP Hamman – 1ste plek
Dreyer v Niekerk – 3de plek

Novis Stock- Circuit:
Stephan vd Merwe - 1ste

Pro Stock - Longhaul:
JP Hamman – 1ste plek
Dreyer v Niekerk – 2de plek

Novis Stock - Longhaul:
Stephan vd Merwe - 2de

Ons wens hierdie manne geluk met hul uitstekende prestasies en die wyse waarop hulle die skool se naam uitdra. JW se deelname saam met suksesvolle oudleerders is ’n besondere inspirasie vir ons huidige leerders.

Baie geluk aan Andras Molnar (Matriek 2007) met sy aanstelling as afrigter van die WP O.18 Akademiese Span.Die Boland La...
17/06/2026

Baie geluk aan Andras Molnar (Matriek 2007) met sy aanstelling as afrigter van die WP O.18 Akademiese Span.

Die Boland Landbou familie is trots op jou prestasie en wens jou en jou span alle sterkte en sukses toe!

*Aan al die laat slapers:* Julle het nog tyd tot Vrydag, 19 Junie 2026, om julle plek vir die skaapkop-ete te bespreek e...
16/06/2026

*Aan al die laat slapers:*

Julle het nog tyd tot Vrydag, 19 Junie 2026, om julle plek vir die skaapkop-ete te bespreek en natuurlik nie die knipmes mis te loop nie.

13/06/2026
‼️Let Wel‼️Pragtige HLB-mes, as geskenk, saam met jou ete‼️
12/06/2026

‼️Let Wel‼️Pragtige HLB-mes, as geskenk, saam met jou ete‼️

Het jy al jou bestelling geplaas?
10/06/2026

Het jy al jou bestelling geplaas?

Tyd raak min om jou bespreking te maak vir 'n heerlike skaapkop-, skaapnek- en afval-ete!Sluit die besige kwartaal saam ...
09/06/2026

Tyd raak min om jou bespreking te maak vir 'n heerlike skaapkop-, skaapnek- en afval-ete!

Sluit die besige kwartaal saam met vriende af en geniet 'n aand van lekker kos, goeie geselskap en warm kuier.

📅 25 Junie 2026

Bespreek vandag nog om teleurstelling te voorkom.

BAIE BELANGRIK:  Die wedstryde vind plaas op VRYDAG, 12 Junie 2026
08/06/2026

BAIE BELANGRIK: Die wedstryde vind plaas op VRYDAG, 12 Junie 2026

Address

H**r Landbouskool Boland, Agter Paarl
Windmeul
7646

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Boland Landbou Ondersteuners Bond posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Boland Landbou Ondersteuners Bond:

Share