Pioniers vir Christus

Pioniers vir Christus Ons bemagtig jong pioniers om in Christus gewortel te wees en vir Hom te leef.

Pioniers vir Christus hou op die naweek van 17-19 April olv. Yvette Greeff, Dr. Hester en Stephanus Jansen van Rensburg,...
22/04/2026

Pioniers vir Christus hou op die naweek van 17-19 April olv. Yvette Greeff, Dr. Hester en Stephanus Jansen van Rensburg, deel van Heal the Land Ministries, weer ‘n kamp te Goedgeloof plaas van oom Pieta en tannie Marie by Bloedrivierpoort.

Hierdie keer het ons gegaan met ‘n mandaat om ‘n kruis te plant.
Die kruis is nie net bloot ‘n simbool dat ons glo nie maar dra ‘n boodskap.
‘n Boodskap wat oor die hele kontrei verklaar dat ons Koning Jesus nie net die Koning van ons Harte is nie maar van ons land.

Ons het die kruis self by die berg opgedra en besef dat ons almal Barabasse is vir wie Jesus kom instaan het.

Dit was kosbaar!
Die hele naweek was kosbaar!

Die kruisplant dra ewigheidswaarde en sal vir generasies nog oorvertel word.

Ons het heerlik gelag en is werklik - al was die optog en om alles aan Jesus oor te gee nie maklik nie - na groen weivelde gelei en na waters waar rus is want ons het die Saterdagaand ‘n besonderse tyd meegemaak waar ons die teenwoordigheid van die Heilige Gees so tasbaar kon beleef.

Soos die dissipels van ouds in die bokamer gewag het op die Heilige Gees het ons gewag en is waarlik bekragtig.

Baie jong mense het met vrae die naweek ingegaan en weggeloop met antwoorde op juis daardie vrae!

Ons verklaar JESUS oor Goedgeloof, Bloedrivierpoort, die boere en al die plase se inwoners, Bloedrivier, Utrecht, Vryheid - Zululand en natuurlik ook ons mooie Suid Afrika!

Ons bid soos in die Onse Vader en vertrou dat Sy Koninkryk hier op aarde sal kom net soos in die hemel!!

Ons eer ons Almagtige Skepper vir jong harte wat die lewe gekies het en wat vry is en wat opstaan en daadwerklik soek en honger is vir die Waarheid - Jesus!

Wie die Seun vry maak is waarlik vry!

Die visie vir PvC word vervat in Jesaja 6:8 - Hier is ek Here, stuur my!

Hierdie jongmense is aan die brand om ‘n verskil te maak in die wêreld.

Voorwaar PIONIERS vir Christus!

Ons sien baie uit na ons volgende kamp!
08/04/2026

Ons sien baie uit na ons volgende kamp!

Vrydag het ons elkeen ‘n hartjie gekry om agter in ons fone te bêre. Die hartjie is ‘n simbool van iemand spesifiek vir ...
01/03/2026

Vrydag het ons elkeen ‘n hartjie gekry om agter in ons fone te bêre.
Die hartjie is ‘n simbool van iemand spesifiek vir wie ons kies om te bid en dat ons vertrou dat dit wat Jesus vir ons kom gee, hulle ook ontvanklik voor sal wees.

Ons bid dat baie harte die LEWE sal kies en sal deel raak van GOD se koninkryk!

hierdie pragtige jong en honger-vir-Jesus leiertjies het so hard gewerk om die PvC-week te maak gebeur!! Dankie uit die ...
28/02/2026

hierdie pragtige jong en honger-vir-Jesus leiertjies het so hard gewerk om die PvC-week te maak gebeur!!

Dankie uit die diepte van my hart!

Mag ons Vader julle paaie gelyk maak en mag julle nog berge versit in Sy Naam en vir Sy Koninkryk!!

Alle eer aan ons Vader wat vir ons die krag gee om te doen wat ons doen en wat ‘n voorreg was dit nie om te beleef hoe 100e kinders deur Sy Gees aangeraak is!

Deur Christus is ek…
26/02/2026

Deur Christus is ek…

25/02/2026
Vandag het ons gekies…die lewe!
25/02/2026

Vandag het ons gekies…die lewe!

Dinsdag herken ons wat Jesus vir ons kom doen het en ons dra ‘n rooi bandjie as verklaring dat ons glo in Jesus Christus...
24/02/2026

Dinsdag herken ons wat Jesus vir ons kom doen het en ons dra ‘n rooi bandjie as verklaring dat ons glo in Jesus Christus wat Sy bloed vir ons kom stort het sodat ons gereinig is van al ons sondes.
Ons skryf ook op die bord wie Jesus vir ons is…

Ons PVC-week is sover baie suksesvol! Die Tema - Gloei vir Jesus. Wat behels dit om die lig te wees? Hoe leef ek die opd...
24/02/2026

Ons PVC-week is sover baie suksesvol!

Die Tema - Gloei vir Jesus.
Wat behels dit om die lig te wees?

Hoe leef ek die opdrag om die lig vir hierdie wêreld te wees?

Maandag begin ons deur ons laste en dinge van die verlede by Jesus se voete neer te lé…

Address

16 Landrosstraat
Vryheid
3100

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pioniers vir Christus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share