04/10/2024
Ek het dié week 7 ouens weer raakgeloop, wie nog nie weg was rehab toe nie. Hulle was nog net in ons support groups en almal is skoon.
Vir Llewellyn kry ek verlede Vrydag voor die Standard Bank ATM, terwyl hy besig was om geld te trek. Ek gee hom my nommer en vra hy moet my skakel. Hy haal sy nuwe phone uit en vra ek moet my nommer add. Ek was so humbled en exited.
Dit klink na 'n simple storie, maar ek ontmoet hom so' n jaar terug op 'n Vrydagaand op die beach, voor die ou Saldanha Polisiestasie. Hy bewe van angs, drugs en wat nog en stink erger as 'n toilet. Hy sê my hy't gehoor van my en wag juis op my. Die ouens in die plakkerskamp soek hom want hy het by hulle gesteel, want hy was honger. Ek moet asb vir hom' n way maak na sy pa toe in Grabouw, wie hy jare laas gesien het. Nou Llewellyn was voorheen die Minister of Music in die kerk net om die draai vanaf daar. Hy was nou nie meer welkom daar, agv sy slegte gewoontes. Die skuim bubble nog so om sy mond terwyl ek met hom praat. Ek sê hom hy moet dit rustig vat en my die Sondag op dieselfde spot kry teen 11am die oggend. 'n Kerk gee dai tyd kos uit op die beach. Ek gee hom' n hug en hy snik.
Ons meet toe amper alke dag vir so 30min op die beach net om te chat. Hy gebruik toe nog steeds drugs en ek gee hom 'n tuin joppie by my. Hy kon net werk as hy getik het en hy onwortel op een dag sommer sewe bome in ons voorplaas🤣
Lang storie kort, toe ek hom Vrydagaand sien, lyk hy soos' n body builder, ruik na duur spray,met sy skoon kleure, leather wallet en nuwe phone. Soos hy wegstap sê hy. "Ek sou dit nie maak as dit nie was vir ons chats nie Uncle Rowan" Die ou werk nou 2 jobs en woon in Blouwaterbaai in 'n klein flat.
Ons gaan aan!!