19/07/2025
Ons beplan vanjaar ’n kosprojek vir Desember om 25 gesinne te ondersteun met pakkies vol noodsaaklikhede, en beoog om 30 bokse gereed te hê sodat ons ook kan help waar daar onverwagte nood ontstaan. Jou ondersteuning kan ’n verskil maak in ’n gesin se lewe—of dit deur ’n skenking of bloot die deel van hierdie boodskap is. Kom ons staan saam vir ’n warmer, meer hoopvolle feestyd. Van die 25 gesinne wat ons graag in Desember met kospakkies wil ondersteun, is daar tans drie gesinne met babas wat ekstra ondersteuning nodig het. Een baba is 16 maande oud, ’n ander 11 maande, en die derde is so 6 maande oud. Ons droom daarvan om vir hierdie kleintjies ook iets spesiaal te kan gee—of dit nou melk, doeke, klere of enige ander noodsaaklikheid is wat hul eerste paar maande ’n bietjie gemakliker kan maak. Enige bydrae word met groot dankbaarheid ontvang en maak ’n verskil