21/02/2026
🏌️♂️⛳ Viljoenskroon Rotariërklub Gholfdag – 14 Februarie ⛳🏌️♀️
Die Viljoenskroon Rotariër klub het op 14 Februarie ‘n baie suksesvolle gholfdag aangebied.
Baie geluk aan al die wenners julle harde werk en goeie spel het beslis vrugte afgewerp! 👏🏆
‘n Opregte woord van dank aan al ons borge vir julle ruim ondersteuning. Sonder julle sou die dag nie moontlik gewees het nie.
Dankie ook aan elke Rotariër wat betrokke was by die reëlings en aanbied van die dag. Julle toewyding en samewerking het die geleentheid ‘n groot sukses gemaak.
Ons sien uit na nog vele sulke suksesvolle projekte saam! 🌟