Ons Winkel Vereeniging

Ons Winkel Vereeniging Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel Vereeniging. Tweedehandse goedere te koop. Enige skenkings altyd welkom Beskerm jouself.

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van

projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.
2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.
3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.
4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens
5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

10/04/2026

Jy skenk…
Ons sorteer…
Iemand kry hoop.
Kyk hoe jou skenking ’n verskil maak.

03/04/2026
🛍️ Find it.Love it.Take it home.That’s thrifting at Ons Winkel Vereeniging📍Basheestraat 39, Drie Riviere 📞 074 660 7272
27/03/2026

🛍️ Find it.
Love it.
Take it home.

That’s thrifting at Ons Winkel Vereeniging

📍Basheestraat 39, Drie Riviere
📞 074 660 7272

23/03/2026

“Stap in...

Ontdek...

Maak ’n verskil...

Ons Winkel Vereeniging

Maak plek in jou huis… en maak ’n verskil in iemand se lewe.Wat kan jy skenk?✨ Meer as wat jy d**k!👕 Klere en skoene🍽 Ko...
14/03/2026

Maak plek in jou huis… en maak ’n verskil in iemand se lewe.

Wat kan jy skenk?
✨ Meer as wat jy d**k!

👕 Klere en skoene
🍽 Kombuisware
🪑 Meubels
🧸 Kinderitems
📦 Ander bruikbare items

👉 Twyfel jy oor ’n item?
Vra jouself: Sou jy dit vir ’n vriend gee?

❤️ Saam maak ons ’n verskil.

Children’s Items 🧸This toy can make a child smile again.Children grow quickly and outgrow their toys.Those toys, books a...
12/03/2026

Children’s Items 🧸

This toy can make a child smile again.

Children grow quickly and outgrow their toys.

Those toys, books and clothes can bring great joy to another child.

Donate children’s items at Ons Winkel Vereeniging.

Together we can make a difference ❤️

Meubels 🪑’n Eenvoudige meubelstuk kan ’n huis weer ’n tuiste maak.’n Stoel, tafel of kas wat jy nie meer gebruik nie, ka...
11/03/2026

Meubels 🪑

’n Eenvoudige meubelstuk kan ’n huis weer ’n tuiste maak.

’n Stoel, tafel of kas wat jy nie meer gebruik nie, kan iemand anders help om weer oor te begin.

Meubels wat geskenk word, kry by Ons Winkel Vereeniging weer ’n nuwe plek.

Jou skenking maak ’n verskil.

Kitchenware 🍽Those plates and cups in your cupboard could help set someone else’s table again.Kitchenware that you no lo...
10/03/2026

Kitchenware 🍽

Those plates and cups in your cupboard could help set someone else’s table again.

Kitchenware that you no longer use can easily find a new home.

At Ons Winkel Vereeniging, kitchenware gets a second life.

Thank you to everyone who helps make a difference.

Clothing & Shoes 👕👟Make space in your cupboard – and make a difference in someone’s life.Do you have clothes or shoes at...
09/03/2026

Clothing & Shoes 👕👟

Make space in your cupboard – and make a difference in someone’s life.

Do you have clothes or shoes at home that you no longer wear?

What may simply be taking up space for you could be very valuable to someone else.

Donate clothing and shoes at Ons Winkel Vereeniging and help us give items a second life.

Your donation makes a difference. ❤️

📍 39 Basheestreet Drie Riviere
📞 074 660 7272

Donors.Shoppers.Supporters.You are the heart of Ons Winkel Vereeniging ❤️📍 39 Basheestreet Drie Riviere📞 074 660 7272   ...
06/03/2026

Donors.
Shoppers.
Supporters.

You are the heart of Ons Winkel Vereeniging ❤️

📍 39 Basheestreet Drie Riviere
📞 074 660 7272



Jy sien ’n winkel.Ons sien ’n hart.🧡Vandag ontmoet jy die hart vanOns Winkel Vereeniging
04/03/2026

Jy sien ’n winkel.
Ons sien ’n hart.🧡

Vandag ontmoet jy die hart van
Ons Winkel Vereeniging

Address

39 Bashee Str
Vereeniging
1939

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 14:00

Telephone

+27746607272

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Vereeniging posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Vereeniging:

Share