Diamond in his eyes

Diamond in his eyes Kinders verdien nie swaarkry hulle is so onskuldig
(1)

23/08/2023
11/08/2023

WOW TRANE IN MY OE

Kamp Vrou, Boer Vrou
Ek is 'n plakkerskamp vrou maar nog steeds 'n boervrou.
Dit is vroeg oggend en die son speel oor die horison. Ek is vasgevang in elendige armoede. Ek maak 'n vuur, die kinders moet eet. Ek het een koppie mieliemeel, ek sal dit deel. Ek is n boer vrou.
Vandag moet ek weer plan maak vir iets om te eet, hoe gemaak? Ek weet ek kan, ek moet want ek is 'n boervrou.
Die kinders kla want dit is koud. Ek vou hulle toe in my ou trui, lekker snoesig. Ek sal later my ou een los torring en vir hulle sokkies brei, want ek kan ek is 'n boervrou.
Vandag is wasdag. Ons vrouens in die kamp deel die lang groen seep in stukke, elk een kry 'n stukkie. Ons skrop en seep die wasgoed in die water terwyl ons vrouens elkeen op sy eie bid, ek weet waarvoor hulle bid… ek doen dit self…. vir 'n wasmasjien. Waar is daardie dae? Vinnig besef ek weer ek moet klaar, ek moet, ek is 'n boervrou en ek kan.
Die pad raak lank, ek sluk aan my droë keel. Uiteindelik is ek by die verkeerslig. Ek staan. Ek sê niks in die hoop dat iemand in my oë die rasende honger en bekommernis kan sien. As ek net genoeg kan kry vir 'n pakkie sop en een brood…..of dalk…… net 'n brood. Hulle kyk nie eers vir my nie. Vandag is my moed in my ou stukkende skoene. Ek moet aanhou probeer. Ek moet net iets kry, ek is dan 'n boervrou.
Vandag was 'n goeie dag. Ek het n brood, 'n pakkie hoender en 'n sakkie mieliemeel kon kry. Ek moet nou haastig huis toe, die huis….. ons huisie, 'n sink gebou wat die hitte ondraaglik maak en die winter se koue diep deur my bene stuur. Ek moet op pad stukkies hout op tel want in die kamp is daar niks. Met kos en hout stap ek vining aan, my kragte is min maar ek kan, ek is 'n boervrou.
Die kinders se vuil gesiggies helder op wanneer hulle my sien. Kleine arms vou my toe. Hulle is so gelukkig om my te sien. My hart huil, ek wil ook net soos al die ander mamma’s vir hulle die wêreld gee. Ek moet mos kan ek is dan 'n boervrou.
Tyd vir vuur maak, die bad water moet op. Dan is dit kos maak. Ek bad my kindertjies in 'n emmertjie. Hulle spat en speel en lag, hulle weet nie wat dit is om in 'n regte bad te bad nie. Vanaand eet hulle lekker en daar is pap vir ontbyt. My voete is blase en teen die tyd dat ek die kinders in die bed kry, 'n matras op die vloer, kan ek voel hoe my trane net stort. Ek kyk na my engelgesiggies en bid dat hulle my eendag sal vergewe vir hierdie armoede. Hulle sal, ek d**k, ek is dan 'n boervrou.
Uiteindelik is ek klaar dit is laat aand. Ek kyk op na my Vader en bid vir verlossing van hierdie bose magte wat my wil toe vou, ek kan nie opgee nie. Môre doen ek alles weer, ek kan……..ek moet…… want ek bly 'n boervrou.

16/05/2023

Goeie naand elke kosbare kind van GOD. Vanaand weet ek hier is so baie wat stukkend is. Wat nie meer weet watter kant toe nie.😢 Vanaand kom vou ek elkeen in JESUS se arms toe. Ek bid dat JESUS Elkeen styf en veilig sal vashou.

Jy is op die drumpel om te vergeet dat jy ooit 'n slegte dag of nag gehad het. God is besig om op te daag in die middel van jou gemors. Hy is besig om aan jou hoop te gee vir die hopelose en hulp aan die hulpeloos. 'n HOOP dat God ons ver Bo ons menslike oogpunt kan gee omdat Hy goed is want die Woord verklaar om sterk te wees en van harte neem, almal wie Hoop in die Here.
(Psalm 31:24) Deur jou trane, onthou net dat die son moet skyn en dat môre kom en jy die oorwinning sal kry. Daarom profeteer ek vir jou dat in die dae wat voorlê, dat jy sal sien en begin hoor 'n geruis in die boomtoppe en dis jou teken, dis God se "Ja" vir jou. Jy gaan begin die wind van God sien beweeg in die situasies van jou lewe en jy sal weet dat Hy 'n werklikheid is, jy mag nou dalk deur die moeilikste oomblikke in jou lewe gaan, maar staan vas in jou geloof en glo dat die Here jou wonderwerk na jou toe sal bring. Spits jou ore en maak oop jou oë want hierdie is jou tyd vir 'n DEURBRAAK.💤💫💤

15/05/2023

Kinders verdien nie swaarkry hulle is so onskuldig

Address

Ventersdorp
2710

Telephone

+27721930816

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Diamond in his eyes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share