Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark-tak

Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark-tak SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Beskerm jouself.

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeens

kapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.
2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.
3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.
4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens
5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

25/08/2026

MUSIEKRAAI EN DANS 60's, 70's en 80's

R1020 per tafel van 6 sitplekke.
R1700 per tafel van 10 sitplekke.

Beperkte tafels beskikbaar. So spring gou.
Aanlyn besprekings. Kontak ons vir EFT of kontant opsies

https://onskoopplek.co.za/product/golden-oldies-fondsinsameling/

Solidariteit Helpende Hand Vaaldriehoek-Streek
90.6 FM STEREO

Gister het ons Vanderbijlpark-tak ons jaarlikse Kerke-ontbyt gehad. Hannes Noeth was ons ere-gas en het ons kom toespree...
13/08/2026

Gister het ons Vanderbijlpark-tak ons jaarlikse Kerke-ontbyt gehad. Hannes Noeth was ons ere-gas en het ons kom toespreek oor geestesgesondheid. Dankie aan al die ander gaste wat die funksie kom ondersteun het.
Voelgoed het ook tydens die funksie 'n donasie aan ons tak gemaak. Dankie aan julle vir julle bydrae by ons saak. Ons sien uit na 'n lang vennootskap met julle.

Solidariteit Helpende Hand Vaaldriehoek-Streek
Voelgoed
90.6 FM STEREO

11/08/2026

Kersrit 2026

Na die groot sukses van ons Kersrit in 2025, het ons besluit om die jaar weer so te maak. Dit gaan plaasvind oor twee aande van 11 en 12 Desember 2026.
Ons gaan weer deur die strate van Vanderbijlpark beweeg.

Indien jy belangstel om deel te wees van die konvooi of op 'n ander manier betrokke te wees, sluit asseblief aan by die "Kersrit 2026 deur Helpende Hand Vanderbijlpark" WhatsApp groep. Die QR kode op die advertensie gaan geskandeer word vir die groep skakel of gebruik die skakel hieronder.
Ons gaan alle reëlings op die groep plaas.

Kersrit 2026 deur Helpende Hand Vanderbijlpark
https://chat.whatsapp.com/HzaKbPhTaJV2jQvQeHS4RE

Solidariteit Helpende Hand Vaaldriehoek-Streek
90.6 FM STEREO
Vaalweekblad

Send a message to learn more

Wat 'n lekker voorreg om vir die bejaardes te kon braai en saam met hulle te eet. Ons het ook van die geleentheid gebrui...
08/08/2026

Wat 'n lekker voorreg om vir die bejaardes te kon braai en saam met hulle te eet.
Ons het ook van die geleentheid gebruik gemaak om sertifikate aan nuwe ere-ondersteuners te gee.

Solidariteit Helpende Hand Vaaldriehoek-Streek

Vandag kuier ons by Van Riebeeck  Gemeenskap Sentrum in Sasolburg. In afrikaanse tradisie braai ons vir die bejaardes vi...
08/08/2026

Vandag kuier ons by Van Riebeeck Gemeenskap Sentrum in Sasolburg.
In afrikaanse tradisie braai ons vir die bejaardes vir middagete. Dankie aan ons borge vir die vleis, bykosse en koeldrank wat help om die dag moontlik te maak.

Solidariteit Helpende Hand Vaaldriehoek-Streek

MUSIEKRAAI EN DANS 60's, 70's en 80'sR1020 per tafel van 6 sitplekke. R1700 per tafel van 10 sitplekke. Is jy lus vir ie...
07/08/2026

MUSIEKRAAI EN DANS 60's, 70's en 80's

R1020 per tafel van 6 sitplekke.
R1700 per tafel van 10 sitplekke.

Is jy lus vir iets anders in die Vaaldriehoek? Kom wees deel van die aand.
Met musiek, kos en kleredrag uit die 60's, 70's en 80's. Trek aan volgens jou gunsteling era. Versier jou tafel volgens die era en bring ook kos wat jou herinner aan dit.

Beperkte tafels beskikbaar. So spring gou.

Aanlyn besprekings. Kontak ons vir EFT of kontant opsies.

Solidariteit Helpende Hand Vaaldriehoek-Streek
90.6 FM STEREO
Voelgoed

Trek jou beste 60’s, 70’s of 80’s uitrusting aan en geniet ‘n onvergeetlike aand vol musiek, kos en pret. Vermaak word verskaf deur Ruan Tennant, en daar is lekker pryse te wen vir die mooiste kleredrag en die mooiste opgemaakte tafel.

Ons Voelgoed-vennote en Vanderbijlpark-tak saam 'n gedugte span. Voelgoed Solidariteit Helpende Hand Vaaldriehoek-Streek
05/08/2026

Ons Voelgoed-vennote en Vanderbijlpark-tak saam 'n gedugte span.

Voelgoed
Solidariteit Helpende Hand Vaaldriehoek-Streek

Beste GemeenskapsorganisasieDankie Voelgoed vir die erkennning. Dit is 'n besonderse eer wat ons beslis nie verwag het n...
02/08/2026

Beste Gemeenskapsorganisasie

Dankie Voelgoed vir die erkennning. Dit is 'n besonderse eer wat ons beslis nie verwag het nie.
Daar is nog baie wat voorlê en ons sien opgewonde uit na die volgende samewerkings projekte.

Solidariteit Helpende Hand Vaaldriehoek-Streek

01/08/2026

Opwarming sterk aan die gang.

Solidariteit Helpende Hand Vaaldriehoek-Streek
90.6 FM STEREO
Voelgoed

Address

Vanderbijlpark

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark-tak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share