DA Uniondale

DA Uniondale OFFICIAL PAGE FOR UNIONDALE DA

JeugdagvieringeDie jeug van 1976 het in opstand gekom teen die destydse apartheidsonderwysstelsel en met moed en vasbera...
16/06/2026

Jeugdagvieringe

Die jeug van 1976 het in opstand gekom teen die destydse apartheidsonderwysstelsel en met moed en vasberadenheid hul stemme laat hoor vir geregtigheid en 'n beter toekoms.

Vandag staan ons jeug voor ander uitdagings, soos sosiale probleme, werkloosheid en vele ander struikelblokke. Tog is dit slegs die jeug self wat hierdie uitdagings kan aanspreek deur hulself te organiseer, hande te vat en saam oplossings te vind.

Neem asseblief kennis, jongmense: julle is die toekoms van mΓ΄re, maar ware verandering begin reeds vandag. Wees die verandering wat julle in die wΓͺreld wil sien. Wees nuttig, verantwoordelik en versigtig dat julle nie gebruik word om ander se persoonlike gevegte te veg nie.

Mag julle almal 'n geseΓ«nde, vreugdevolle en betekenisvolle Jeugdag hΓͺ.

Gelukkige Jeugdag!

Groete

Cllr JD Esau

The Jokes Write Themselves ! πŸ˜‚πŸ˜‚πŸ˜‚
15/06/2026

The Jokes Write Themselves ! πŸ˜‚πŸ˜‚πŸ˜‚

Raadslid Esau vergader met die inwoners van Rooirivier. Al is dit Sondag, moet dienslewering voortgaan. Die gemeenskap h...
14/06/2026

Raadslid Esau vergader met die inwoners van Rooirivier. Al is dit Sondag, moet dienslewering voortgaan. Die gemeenskap het die geleentheid waardeer om hul kwessies en bekommernisse ter tafel te lΓͺ, sodat oplossings gesamentlik gevind kan word. Ons bly daartoe verbind om na die mense te luister en hul belange eerste te stel.




DA-raadslid, aspirant-raadslid en DA-aktiviste besig met nuwe registrasies en herregistrasies in Wyk 25. Ons span bly ha...
12/06/2026

DA-raadslid, aspirant-raadslid en DA-aktiviste besig met nuwe registrasies en herregistrasies in Wyk 25. Ons span bly hard werk om elke stem te bereik en te verseker dat inwoners gereed is om hul demokratiese reg uit te oefen.

Saam bou ons aan 'n beter toekoms vir Uniondale en sy mense !






Democratic Alliance Western Cape
Democratic Alliance - George

Die DA in action ! No other party can compete 🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦
12/06/2026

Die DA in action ! No other party can compete 🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦🟦

🎯 Following the devastating fire at Paarl Hospital, repair work is nearly complete, months ahead of schedule.

No excuses. No delays. Just the DA government delivering.

Check your registration status to ensure delivery continues: check.da.org.za πŸ’™

Gedurende die tussenverkiesing het ons belowe dat ons dorp nooit weer dieselfde sal wees nie. Vandag sien ons die bewyse...
12/06/2026

Gedurende die tussenverkiesing het ons belowe dat ons dorp nooit weer dieselfde sal wees nie.

Vandag sien ons die bewyse daarvan. Projekte is reeds aan die gang en plaaslike werklose inwoners kry die geleentheid om op hierdie projekte werksaam te wees. SΓ³ skep ons werksgeleenthede en bou ons saam aan 'n beter toekoms vir almal.

Hierdie is net die begin.
Watch the space – nog projekte is op pad!

Cllr JD Esau





Democratic Alliance Western Cape
Democratic Alliance - George

Address

2 Taylor Street Uniondale
Uniondale
6460

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when DA Uniondale posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share