12/08/2026
Ons Reënboogklub byeenkoms het die maand in die NG Kerk Tulbagh se saal plaasgeving vir 'n verandering. Deon Demas het soos gewoonlik almal aangery en Corita Roode ons staatmaker was ook by.
Baie dankie aan Frans-Helene Du Toit wat vir ons die skriflesing met 'n lieflike boodskap, sowel as 'n aandenking om huis toe te neem, gebring het.
Ons voedselbestuurder Janine De Buys het 'n praatjie oor hoe gesond en lekker sop is gegee, en vir elkeen huis toe gestuur met die bestanddele vir 'n lekker pot sop. Shirley Demas het ook vir elkeen 'n 'sopbottel' gegee. Baie dankie daarvoor. Ons het onder leiding van Egbertus Hanekom , Pietro Raimondi en Cecile De K**k lekker ou liedjies saamgesing. Daarna het ons afgesluit met 'n lekker dik sop soos net JP Orffer dit kan maak!! Dankie Anwyn Orffer ook vir jou hulp met al die beplanning!