Sopkombuis / Soup Kitchen Thabazimbi

Sopkombuis / Soup Kitchen Thabazimbi LEEF SY LIEFDE. Met nederige dankbaarheid aan elkeen se bydrae en ondersteuning.
(1)

25/02/2026

Lindie De Villiers

25/02/2026

Tarina En Isak Welgemoed Rona Potgieter Arnold Bekker Joggie Kotze Stuur asb aanπŸ™

16/02/2026

Hiermee groot waardering en bedanking vir Die Sopkombuis se getroue skenkers. Ons het egter meer hulp nodig. Ons het 110 gesinne waarvoor ons 1 keer n maand kospakkies maak. Ons gee minder items maar groter hoeveelhede.
220 kg mieliemeel waarvan 150kg geskenk word. Dan 110kg rys en 110 kg macaroni. 220 pakkies gis. 220kg koekmeel. 110kg suiker. 500 pk soppoeier. 30 kg kinderpap. 110 x 50 teesakkies. Dan het ons skenkers vir vleis en soja. Elkeen kry 5 pk vleis en 5 x soja. Dan groot kool x 50 en klein kool 90.. 1 sak uie word in 5 gedeel en dan probeer ons butternuts wortels en spinasie kry vir vars groente. Dit word 1 x maand gedoen. As ons groente deur die maand kry versprei ons dadelik. 110 gesinnne 298 siele. Enige skenkings sal waardeer word. Hierdie is slegs die noodsaaklikste wat ons elke maand uitgee. Die bussie gebruik 2 tenks brandstof om aflewerings te doen of SASSA mense weg te vat vir hul pille. Hierdie kan nie net deur n handjievol mense gedryf word nie dis elkeen se plig om na die gemeenskap om te sien. Kontak asb Riana Bekker 0726719710 of Sanet 0836201837.

12/02/2026

Enige grootmaat vars groente wat die Sopkombuis kan aankoop alvorens ons pak die 17de Februarie. Riana Bekker 0726719710 Sanet Maasberg 0836201837

11/12/2025

Ons benodig DRINGEND die vlge by die Sopkombuis vir ons kospakkies;
Koekmeel, Gis ,Bakpoeier, Aanmaak koeldrank, Matabella pap ,suiker toiletpapier, macaroni, sop poeier.
Lewer af by Elbro Blouster asb. Sanet Maasberg 0836201837 of Riana Bekker 0726719710
Om na ons minderbevoorregtes om te sien is n voorreg.

04/11/2025

Die Sopkombuis het n verassing wat ons moet reΓ«l en benodig dringend hulp met befondsing. Ons kon die rekening afkry tot op R10000πŸ™. Die kerk ens het ons ook geskenk gekry waarvoor ons baie dankbaar is. Help ons asb om hierdie gesin by te staan met die onkostes. Riana en Sanet Maasberg
Bankbesonderhede;
Thabazimbi Sopkombuis
Standard bank
053249488
Tjek rek
Verw: Verassing.

πŸ™

16/10/2025

Die sopkombuis gaan binnekort bekostigbare akkommodasie hΓͺ vir persone wat nie duur plekke kan bekostig nie. Gaan groterige kamers wees met ingeboude kaste. Jy kan yskas stofie en bed self bring of ons kan help. Gaan tydelik wees totdat jy iets beters kan bekostig. Ons kan ook met kospakkies help. Moontlik getroude paartjies ook of enkelouers met 1 kind. Sanet Maasberg 0836201837 of Riana Bekker 0726719710kan julle kontak vir meer inligting.

Ons Damesoggend ten bate vd sopkombuis was n groot sukses.  Die dames het geweldig baie moeite gedoen !πŸ™πŸ™
21/09/2025

Ons Damesoggend ten bate vd sopkombuis was n groot sukses. Die dames het geweldig baie moeite gedoen !πŸ™πŸ™

01/09/2025

Address

Elbro Makelaars/Riana Bekker 0726719710/0147771443
Thabazimbi
0380

Telephone

0726719710

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sopkombuis / Soup Kitchen Thabazimbi posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Sopkombuis / Soup Kitchen Thabazimbi:

Share