Sopkombuis / Soup Kitchen Thabazimbi

Call Directions Contact the organization

Sopkombuis / Soup Kitchen Thabazimbi LEEF SY LIEFDE. Met nederige dankbaarheid aan elkeen se bydrae en ondersteuning.
(1)

12 September 2026! Damesoggend tbv  Die Sopkombuis!!!   Francois Boyce!   Tema :   Around the world!Mooi pryse te wen of...
29/07/2026

12 September 2026! Damesoggend tbv Die Sopkombuis!!! Francois Boyce! Tema : Around the world!

Mooi pryse te wen of ons gee weg!

Veiling: 2 x Henry Bredenkamp en 1 x Jana du Toit skilderye om op te veil. Spa pakket! Handsak en beursie!

Riana 0726719710.

Kom Reis Saam Ons! 😃🍹🧳✈️🌷Pak jou verbeelding in en maak gereed vir 'n oggend VOL inspirasie, lag, lekker kos en wonderli...
16/07/2026

Kom Reis Saam Ons! 😃🍹🧳✈️🌷

Pak jou verbeelding in en maak gereed vir 'n oggend VOL inspirasie, lag, lekker kos en wonderlike geselskap!

Ons Damesoggend 2026 neem jou op 'n reis om die wêreld – sonder dat jy jou paspoort nodig het! Elke tafel vertel 'n unieke storie, daar is pragtige pryse en heerlike verassings!

Moenie hierdie besondere geleentheid misloop nie! Bespreek jou plek betyds en kom beleef 'n oggend wat jou hart sal vul en jou lus vir avontuur sal aanwakker. Ons kan nie wag om saam met julle die wêreld te ontdek nie!

Dames ons tema  "Around the world"  gaan groot pret wees.  Mooi pryse te wen   R300 n kaartjie of R3000 n tafel van 10. ...
12/07/2026

Dames ons tema "Around the world" gaan groot pret wees. Mooi pryse te wen R300 n kaartjie of R3000 n tafel van 10. Ons gee tafeldoeke stoeloortreksels sap water koffie asook n lekker ete. Jy dek die tafel en bring n soet ding v jou dames. Daar gaan n bietjie peuselhappies om kake aan die roer te hou! Matriargh gaan sorg vir n Tiki bar .... met of sonder! Natuurlik vir die Ginners n ietsie sodat hul nie uitgestoot voel nie!. Die Sopkombuis het hierdie nodig vir fondse om ons deure oop te hou. 125 gesinne waarvan daar 78 kinders is. Ons oumensies is om en by 30. Riana 0726719710 Helen 0823299971

19/06/2026

Die sopkombuis bestaan al vir baie jare en ons het nog altyd vanaf ons huise en die laaste jaar Elbro Blouster se perseel af bedryf. Die organisasie het so uitgebrei dat ons noodgedwonge na n ander perseel moet soek. Stoorplek en plek waar ons 1 keer n maand kan pakkies opmaak en versprei. Ons nader die gemeenskap om te vra vir hulp in hierdie verband. Kontak my asb Riana 0726719710 of Sanet 083 620 1837 indien julle dak weet van n moontlike plek of enige voorstelle sal waardeer word.

23/05/2026

Thabazimbi Beskerming Thabazimbi Inwoner

23/05/2026

Hiermee groot waardering en bedanking vir Die Sopkombuis se getroue skenkers. Ons het egter meer hulp nodig. Ons het 110 gesinne waarvoor ons 1 keer n maand kospakkies maak. Ons gee minder items maar groter hoeveelhede.
220 kg mieliemeel waarvan 150kg geskenk word. Dan 110kg rys en 110 kg macaroni. 220 pakkies gis. 220kg koekmeel. 110kg suiker. 500 pk soppoeier. 30 kg kinderpap. 110 x 50 teesakkies. Dan het ons skenkers vir vleis en soja. Elkeen kry 5 pk vleis en 5 x soja. Dan groot kool x 50 en klein kool 90.. 1 sak uie word in 5 gedeel en dan probeer ons butternuts wortels en spinasie kry vir vars groente. Dit word 1 x maand gedoen. As ons groente deur die maand kry versprei ons dadelik. 110 gesinnne 298 siele. Enige skenkings sal waardeer word. Hierdie is slegs die noodsaaklikste wat ons elke maand uitgee. Die bussie gebruik 2 tenks brandstof om aflewerings te doen of SASSA mense weg te vat vir hul pille. Hierdie kan nie net deur n handjievol mense gedryf word nie dis elkeen se plig om na die gemeenskap om te sien. Kontak asb Riana Bekker 0726719710 of Sanet 0836201837.

Address

Elbro Makelaars/Riana Bekker 0726719710/0147771443
Thabazimbi
0380

Telephone

0726719710

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sopkombuis / Soup Kitchen Thabazimbi posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Sopkombuis / Soup Kitchen Thabazimbi:

Shortcuts

Share