VLV Helderberg

Call Directions Contact the organization

VLV Helderberg VLV Helderberg is ‘n tak van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland en val onder VLV Sirkel Tygerberg.

WAA Helderberg is a branch of the Cape Women's Agricultural Association and falls under WAA Circle Tygerberg. VLV Helderberg is ‘n tak van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland. Ons is ‘n
vereniging wat lede die geleentheid gee vir persoonlike groei en terselfdertyd lewer
ons, hoe klein ook al, ‘n diens aan die gemeenskap. Ons kom een maal per maand (2de Woensdag van die maand) bymekaar waar een van die volgende onderwerpe:
Leefstyl (Kookkuns en Naaldwerk); Kunste en Handvlyt; Gesondheid; Opvoeding
en Kultuur; Landbou en Tuinbou en Openbare Sake gedek word deur praatjies,
demonstrasies, uitstappies en vele meer. VLV Helderberg se lede is hoofsaaklik in Gordonsbaai, Somerset-Wes en Strand
woonagtig, maar die tak het nie grense nie en ALMAL 16 jaar en ouer is welkom by
ons tak. WAA Helderberg is a branch of the Cape Women’s Agricultural Association. We are
an association that gives members the opportunity for personal growth and at the
same time we provide, however small, a service to the community. We meet once a month (2e Wednesday of the month) where one of the following topics: Lifestyle (Cooking and Sewing); Arts and Crafts; Health; Education and Culture; Agriculture and Horticulture and Public Affairs is covered through talks, demonstrations, excursions
and much more. WAA Helderberg's members mainly reside in Gordon's Bay, Somerset West and
Strand, but the branch has no borders and EVERYONE 16 years and older is
welcome at our branch.

10/10/2026

Het jy geweet vandag is
"African Penguin Awareness Day"?

Landbou en Tuinbou is een van die VLV se studierigtings en mariene-, diere- en voëllewe ressorteer onder hierdie studierigting.

Met erkenning aan Krongjit Khlongtanoen.

01/10/2026
Laerskool Beaumont in Somerset-Wes het met die verwoestende storm wat die Weskaap vroeër vanjaar in Mei getref het, gewe...
01/10/2026

Laerskool Beaumont in Somerset-Wes het met die verwoestende storm wat die Weskaap vroeër vanjaar in Mei getref het, geweldige skade gely. Onder andere is ‘n stokou boom ontwortel wat vir van die skade verantwoordelik was en dit het wye media dekking ontvang.
VLV Helderberg het met die skool kontak gemaak en gevra of ons ‘n boom by hulle kan plant. Hulle het gevra dat ons hulle tyd gee om eers hulle voete te vind en op Woensdag, 30 September 2026 het ‘n groepie lede en van hul familielede ‘n wit karee by die skool, wat aan die voet van ons naamgenoot geleë is, gaan plant.
Mnr Craig Melvill, van Laerskool Beaumont en Joseph het ons ontvang.
Daar aangekom was daar reeds ‘n g*t in die grond met baie groen gras daarom. Ons het ‘n boom geplant met takkies, maar ‘n mik vir ‘n nes vir ‘n voël met ‘n vlerk met ‘n veer het nog nie ontwikkel nie. Ons is vol vertroue dat Joseph sal toesien dat dit wel sal gebeur en dat hy die luise en kieme sal weghou terwyl die groen gras steeds daarom groei.
Dankie Laerskool Beaumont.

VLV Helderberg vergader elke 2de Woensdag van die maand op 09:30 by die NGK Strand-Noord, Brandstraat 70, Strand.Kom loe...
16/09/2026

VLV Helderberg vergader elke 2de Woensdag van die maand op 09:30 by die NGK Strand-Noord, Brandstraat 70, Strand.

Kom loer gerus in!

Twee bestuurslede van die tak, Annerie Mac Donald en Elsa Hanekom, het saam met ander VLV vriendinne vanuit Sirkel Tyger...
12/09/2026

Twee bestuurslede van die tak, Annerie Mac Donald en Elsa Hanekom, het saam met ander VLV vriendinne vanuit Sirkel Tygerberg 'n werkswinkel bygewoon. Baie dankie Dorette Biccard, Voorsitter Parow Vallei Proteas, vir jou tyd en moeite.

Ons sluit die VLV-jaar op ‘n vrolike noot af en gaan die lente met ‘n blom in die hare in.Ons klein takkie het, met sewe...
11/09/2026

Ons sluit die VLV-jaar op ‘n vrolike noot af en gaan die lente met ‘n blom in die hare in.

Ons klein takkie het, met sewe inskrywings, besonders goed gedoen by Kongres 2026. ‘n Eerste plek in Masjienwerk (Elsa Rautenbach) en ‘n tweede plek in Weefwerk (Liné la Grange).

Na die nuwe bestuur verkies en aangekondig is, neem Marize Augustan die vloer.

Marize kom uit ‘n familie van VLV-vroue en sy vertel ons VLV staaltjies van uit haar kinderdae terwyl sy ‘n tassie massie bymekaar sit.

Al die blomme en loof wat Marize gebruik het het uit die tuin van een van ons lede gekom en sluit goed aan by ons projek van die jaar – Tuin tot Tafel. Van die lede is huis toe met steggies, so dit raak nou van Tuin tot Tafel tot Tuin.

Elke 2e Woensdag van die maand by NGK Strand-Noord, Brandstraat 70.  Volgende vergadering 14 Oktober 2026.
10/09/2026

Elke 2e Woensdag van die maand by NGK Strand-Noord, Brandstraat 70. Volgende vergadering 14 Oktober 2026.

Address

70 Brand Street
Strand
7140

Telephone

+27646561938

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLV Helderberg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to VLV Helderberg:

Shortcuts

Share