Doornkop Pa & Seun Kampe

Doornkop Pa & Seun Kampe Die kampterrein is op die Plaas Doornkop in die Stoffberg/Belfast distrik in β€˜n kloof met bosveld en die Witbooispruit wat daardeur loop. Fase 1 kamp.

Wat die plek so uniek maak is: geen krag, wifi of selfoon sein nie. Sluit van die wΓͺreld af en herontdek. πƒπŽπŽπ‘ππŠπŽπ 𝐏𝐀 𝐄𝐍 𝐒𝐄𝐔𝐍 πŠπ€πŒππ„

𝑽𝑰𝑺𝑰𝑬
Dat Pa en seun by God en mekaar se harte sal uitkom en dit uitkring na hul gesinne en families. Dat God se liefde die oorhand in elke familie sal kry en dat die huisgesin in God se struktuur sal inbeweeg. Dat die Pa’s sal besef dat hulle God se verteenwoordiger

op aarde is en dat hulle kinders β€˜n persepsie van God opbou deur hulle optrede.

π‘€π‘Žπ‘™π‘’π‘ŽΜπ‘”π‘– 4:6
𝐸𝑛 β„Žπ‘¦ π‘ π‘Žπ‘™ 𝑑𝑖𝑒 β„Žπ‘Žπ‘Ÿπ‘‘ π‘£π‘Žπ‘› 𝑑𝑖𝑒 π‘£π‘Žπ‘‘π‘’π‘Ÿπ‘  π‘‘π‘’π‘Ÿπ‘’π‘”π‘π‘Ÿπ‘–π‘›π‘” π‘‘π‘œπ‘‘ 𝑑𝑖𝑒 π‘˜π‘–π‘›π‘‘π‘’π‘Ÿπ‘ , 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 β„Žπ‘Žπ‘Ÿπ‘‘ π‘£π‘Žπ‘› 𝑑𝑖𝑒 π‘˜π‘–π‘›π‘‘π‘’π‘Ÿπ‘  π‘‘π‘œπ‘‘ β„Žπ‘’π‘™π‘™π‘’ π‘£π‘Žπ‘‘π‘’π‘Ÿπ‘ .

𝑲𝑨𝑴𝑷𝑻𝑬𝑹𝑹𝑬𝑰𝑡
Die kampterrein is op die Plaas Doornkop in die Stoffberg/Belfast distrik in β€˜n kloof met bosveld en die Witbooispruit wat daardeur loop. Sluit van die wΓͺreld af en herontdek jou kind of jou pa. Plek vir tente en karavane.

𝑭𝑨𝑺𝑬 𝑲𝑨𝑴𝑷𝑬 1,2 𝒆𝒏 3
1. Dit is vir die jeug van 6 jaar tot 13 jaar.
2. Fase 2 kamp. Dit is vir die tiener tot student. 14 jaar tot 24 jaar.
3. Fase 3 kamp. β€œCAMP 3G” . Dit is vir die 3 generasies. Oupa, Pa en seun.

21/05/2026

Jacques kry n bestuursles..

Pa en Seun kamp....Lyk dit nou nie lekker nie? In die veld, in die water.Net jy en jou seun in die natuur, sonder selfoo...
21/05/2026

Pa en Seun kamp....
Lyk dit nou nie lekker nie? In die veld, in die water.
Net jy en jou seun in die natuur, sonder selfoon opvangs! Dis waar julle mekaar se harte hoor.
Kom na die Augustus kamp Pa's en bring julle seuns. ASB.

18/05/2026

Pappa's van ALLE ouderdomme seuns, ek wil jou asb vra:
Gaan na jou seun toe en VRA hom: Hoe doen ek as Pa vir jou?
En wat ookal hy antwoord, vat dit en as dit nie so goed is nie....KOM KAMP!
En as dit goed is, KOM KAMP, want daar is altyd iets om aan te werk in n verhouding.

14-16 Augustus, sien jul daar!

18/05/2026

Ons volgende Pa en Seun kamp is:

14-16 AUGUSTUS!

Kom maak jy en jou seun ook n "memory". Jy het nog n kans.
Wanneer jy ouer en grys is, is dΓ­t (die mooi tye saam jou kosbare seun) wat jou hart gaan volmaak en vrede bring in jou gemoed.
En so naweek sal altyd by julle bly.
Pappa's daar is te veel stukkende seuns daar buite, wees jy die een wat opstaan en sΓͺ: EK WIL N UITSTEKENDE VERHOUDING MET MY SEUN HÊ!
KOM KAMP TOE....

n Naweek propvol pret, by mekaar se harte uitkom en baie seΓ«ninge. n Naweek om te onthou vir altyd....
18/05/2026

n Naweek propvol pret, by mekaar se harte uitkom en baie seΓ«ninge. n Naweek om te onthou vir altyd....

18/05/2026

Dawie Spies voer n onderhoud met Pappa's en seuns wat op die Kamp was. Hoor hier.....

18/05/2026

Baie dankie Pa's dat jul tyd gemaak het vir jul seuns die naweek wat verby is, dit sal vir ewig in julle "memory box" wees.
Baie seΓ«n vir julle almal.

16/05/2026

Pappa's en seuns kom Kamp.

Ons volgende kamp!SAVE THE DATE!
16/05/2026

Ons volgende kamp!
SAVE THE DATE!

12/05/2026

Luister na Dawie Spies op Radio Kansel en Pa en Seun se getuienis.

Address

Doornkop
Stoffberg
1056

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 15:00

Telephone

+27823235141

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Doornkop Pa & Seun Kampe posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Doornkop Pa & Seun Kampe:

Share