MyMiskraam

MyMiskraam MyMiskraam is ʼn inligtings- en ondersteuningsplek vir ouers met leë arms wat babatjies verloor het weens ʼn miskraam, stilgeboorte of gesondheidsredes.
(2)

Agtergrond:
MyMiskraam is ʼn inligtings- en ondersteuningsplek vir ouers met leë arms wat babatjies verloor het weens ʼn miskraam of stilgeboorte. Of ouers wat swangerskappe moes beëindig weens gesondheidsredes. Ongeag hoe ver die ouers se swangerskap was, hierdie is ʼn veilige plek waar ouers hulle babatjie kan onthou, betreur en ondersteuning kry van ander ouers. Dis ook ʼn platform waar ouers wat m

iskrame gehad het en met ʼn seer in hulle harte rondloop, dalk nog worstel en vrae het, uiting aan hulle emosies kan gee op ʼn kreatiewe, mooi en visuele manier. Hier kan hulle op ʼn veilige plek deur hulle emosies werk, hoop kry en ander ook ondersteun. Rede vir die werbwerf.
ʼn Miskraam, stilgeboorte of beëindigde swangerskap weens gesondheidsredes is ʼn baie onerkende verlies. Omdat die ouers nie die voorreg gehad het om die kind se persoonlikheid te ontmoet nie, d**k omstanders dat hierdie nie so ʼn ernstige of hartseer verlies is nie. Maar die teendeel hiervan is waar. Elke verwagtende ouer het drome, ideale en verwagtinge vir hierdie jong lewetjie wat so gou verby is. Die “onerkening” van hierdie verlies beteken dat baie ouers ʼn alleen pad stap na heel word sonder die nodige ondersteuning van familie, vriende en die gemeenskap. Gedeeltes wat gedek word tans sluit in:
• Wat is ʼn miskraam, stilgeboorte
• Jou liggaam en jou miskraam – wat jy kan verwag
• Wat ervaar jy na ʼn miskraam of stilgeboorte
• Hoe vrouens reageer tydens ʼn miskraam
• Hoe mans reageer tydens ʼn miskraam
• Stappe van die rou proses
• Hoe om ʼn gesin te ondersteun tydens ʼn miskraam of stilgeboorte
• Tekens van depressie
• Waar om hulp te kry om deur die trauma te werk
• Stappe om ʼn begrafnis vir miskraam of stilgeboorte te reël
• Ondersteuningsgroepe om by aan te sluit/ nog inligting te kry

Die organisasies en persone wat tans met MyMiskraam saam werk sluit in:
• The Compassionate Friends
• Born Sleeping
• South African Depression and Anxiety Group (SADAG)
• Sonja Smith Begrafnis groep – spesialiseer in stilgeboorte begrafnisse
• Ds. Braam Klopper- Gesprekke oor rou Cd reeks

Omdat lede aangemoedig word om oor hulle trauma te praat en nodige hulp te kry, is daar drie interaktiewe gedeeltes wat deel uitmaak van die webwerf :
1. ʼn Gedeelte om die verhaal van jou miskraam of stilgeboorte te vertel.
2. ʼn Aanlyn dagboek om gedagtes, gevoelens en emosies vas te vang, asook uitdagings.
3. ʼn Forum gedeelte waar lede mekaar kan ondersteun, oor relevante onderwerpe kan gesels en nuutste artikels kan bespreek.

Address

4 Compacta Street, Paradyskloof
Stellenbosch
7600

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when MyMiskraam posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to MyMiskraam:

Share